AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Wynbedryf pas aan om volhoubaarheid te verseker

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Behalwe dat daar voortdurend by ekonomiese druk en maatreëls weens die covid-19-pandemie aangepas word, word daar ook pogings aangewend om die wynbedryf te verskans teen die gevolge van klimaatsverandering ten einde die bedryf se volhoubaarheid te verseker.

Buiten dat daar voortdurend by ekonomiese druk en maatreëls weens die covid-19-pandemie aangepas word, word daar ook pogings aangewend om die wynbedryf te verskans teen die gevolge van klimaatsverandering ten einde die bedryf se volhoubaarheid te verseker.

Dit is een van die temas wat bespreek is op die Winetech Vinpro-streeksinligtingsdae, wat van 7 tot 14 September in die Paarl, Stellenbosch, Worcester, Robertson en Olifantsrivier aangebied is.

Dr. Etienne Neethling van Vintage Master en Grappe-Esa-Inra in Frankryk het gesê wêreldwyd merk al hoe meer wyndruifprodusente die effek van klimaatsverandering op hul plase op en daarvolgens pas hulle hul wingerdpraktyke aan.

Neethling het onlangs ’n internasionale studie onderneem om die wynbedryf se benadering tot klimaatsverandering te bestudeer. Volgens ’n opname onder 3 625 wyndruifprodusente in 18 lande vir dié studie neem 84% van die respondente tekens van klimaatsverandering waar, onder meer ’n toename in gemiddelde winter- en somertemperature en die voorkoms van ongewone droogtes, hael en ryp in sekere streke. Wyndruifwingerde se fenologiese stadiums skop ook vroeër as normaal af en sekere lande het kleiner opbrengste aangeteken, wat hulle aan klimaatsverandering toeskryf.

Volgens Neethling het die produsente wat aan die opname deelgeneem het, uiteenlopende terugvoer gegee oor die aanpassings wat hulle in die wingerd sal maak om die effek van klimaatsverandering te demp, insluitend die kultivarkeuse, besproeiingspraktyke, siekte- en plaagbekamping, asook grondbestuur.

DOELTREFFENDE WATERBESTUUR

Die doeltreffende bestuur van skaars waterbronne gaan hand aan hand met verskansing teen die gevolge van klimaatsverandering en kan boonop produsente in staat stel om goeie produksie en gehalte in die wingerd behaal.

“Produsente kan ’n hele aantal hulpmiddels inspan om hulle te rig ten opsigte  van besproeiingskedulering,” het dr. Philip Myburgh van die LNR Nietvoorbij gesê. “Groot volumes water is al bespaar sonder dat gehalte of produksie ingeboet is.”

Hy het gesê die belangrikste is dat produsente hul huiswerk deeglik doen en die beskikbare data inspan om slim besluite in die wingerd te neem.

Mnr. Francois Viljoen van Vinpro se Gen-Z Wingerdprojek het gesê daar is ’n verskeidenheid hulpmiddels beskikbaar om die waterstatus in die grond en plant te meet, onder meer evapotranspirasiemetings en die gebruik van grondmonsters, grondvogmeters, tensiometers, drukbomme, staminkrimpingsmetings en afstandswaarneming deur infrarooi termografie.

’n Besproeiingsprogram moet die wyndoelwit van die spesifieke wingerdblok in ag neem. As die wyndruiwe vir premiewyne bestem is, sal kleiner hoeveelhede water minder gereeld toegedien word as byvoorbeeld in wyndruifblokke waarvan die druiwe vir grootmaatwyn bestem is.

Hy het produsente aangeraai om buiten die onderskeie apparate beskikbaar om grond- en plantwaterstatus te meet ook na fisieke tekens van waterspanning in die wingerd te kyk en weervoorspellings in ag te neem voordat hulle hul besproeiingskedules opstel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot