AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wynboere pars vanjaar meer as tydens droogte

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die wynoes, wat die skaal op bykans 1,35 miljoen ton trek, is vanjaar ietwat groter as wat die bedryf verwag het.

Dit kom ten spyte van droogtetoestande en rypskade in sommige streke en ’n geskarrel om die laaste sowat 40 000 ton druiwe te oes toe pres. Cyril Ramaphosa die inperking aangekondig het, en aanvanklik wynverwante bedrywighede verbied het.

“Die oes is sowat 8% groter as verlede jaar. Dit beweeg al nader aan die vyfjaargemiddeld,” het mnr. Rico Basson, Vinpro se uitvoerende hoof, tydens die organisasie se inligtingsdag vir die Robertson-streek gesê.

“Ons kom nou uit droogte-oeste uit, so vanjaar se oes het wesenlik meer volume en goeie gehalte opgelewer.”

Die oes, wat sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, wyn vir brandewyn en distilleerwyn insluit, sal sowat 1046,2 miljoen liter beloop.

Olifantsrivier

Veral in die Olifantsrivier-streek het produksievlakke na normaal teruggekeer, ná hulle tydens die droogte sowat 70 000 ton minder gepars het. Die wingerde het goed herstel na die droogte en watervoorsiening was heelwat beter.

“Hulle het noord van 200 000 ton geoes,” sê Basson.

Stellenbosch, Swartland, Kaap-Suidkus, Paarl en Breedekloof het almal groter oeste opgelewer.

Volgens mnr. Conrad Schutte, Vinpro se konsultasiediensbestuurder, was weerstoestande oor die algemeen gunstig.

Klein Karoo, Noord-Kaap

Basson sê wynboere in die Klein-Karoo staar egter nog baie uitdagings vanweë die droogte en waterbeperkings in die gesig. Dié streek het net minder as 24 000 ton druiwe gepars, wat aansienlik minder as sy gemiddelde opbrengs oor vyf jaar van sowat 38 450 ton. ‘n Krimpende wingerdstand in dié streek het ook ‘n rol gespeel.

Rypskade aan die einde van Oktober in die laerliggende dele oos van Upington in die Noord-Kaap het ‘n beduidende afname in hul druiwe-oes veroorsaak. Waar boere langs die Oranjerivier verlede jaar meer as 115 000 ton gepars het, het hulle vanjaar amper 24 000 ton minder geoes.

Gehalte

Schutte meen Chardonnay en Chenin blanc uit die 2020-oesjaar gaan veral beïndruk.

“Ons is opgewonde oor die voortreflike wyne wat uit die 2020-wyndruifoes gaan voortvloei. Die vroeë druifsoorte het baie goeie suur getoon.”

Wat rooiwyn betref was die kleur- en tannienontledings baie goed. Dit dui op vol wyne met gekonsentreerde geure.

Suid-Afrika is die negende grootste wynprodusent ter wêreld en produseer ongeveer 3,3% van die wêreld se wyn. Die wynbedryf dra meer as R36 miljard tot die land se bruto binnelandse produk by en neem nagenoeg 300 000 mense in diens.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Let's go on an adventure
Afrikaans speaking divorced lady, ready to start the next chapter. Like the outdoors as well as cuddling on the couch.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot