
Vyf van die wêreld se wynprodusrende gebiede, Argentinië, Chili, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Kalifornië, het die New World Wine Alliance op die been gebring om hul wyne saam op volgende jaar se ProWein-uistalling in Duitsland ten toon te stel.
Dié vyf streke meen samewerking sal hulle ’n beter kans bied om teen die Europese Unie mee te ding. ProWein word jaarliks in Düsseldorf aangebied en sal vanjaar sowat 3 200 uitstallers van meer as 50 lande lok.
Ál vyf die betrokke streke se uitvoer het ondanks die wêreldwye finansiële krisis toegeneem. Dit is die eerste keer dat mededingende streke hul kragte saamsnoer om ’n gesamentlike doel te bereik.
17 Julie 2009