AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Wynuitvoer sukkel, maar pryse klim

akkreditasie
Van die wyne wat tydens die 35ste jaarlikse Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling uitgestal is. Foto: Alani Janeke
Van die wyne wat tydens die 35ste jaarlikse Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling uitgestal is. Foto: Alani Janeke
Die spartelende wynbedryf het verlede jaar ’n “perfekte storm” beleef en sowat 24% minder wyn het Suid-Afrika se grense verlaat.

Al wat ’n bietjie troos, is dat wyne internasionaal en plaaslik beter pryse behaal.

Uitvoer na Brittanje, Suid-Afrika se grootste uitvoermark, het met 26% geval. Dit is ’n daling van 8% in waarde. Die markte in China, Afrika, Swede en Duitsland het ook stoom verloor, terwyl die Amerikaanse mark sywaarts beweeg het.

Me. Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wosa, meen verlede jaar was een van die moeilikstes nóg vir die wynbedryf. “Die droogte het gelei tot ’n kleiner oes en saam met ’n internasionale ooraanbod het ’n perfekte storm ontstaan. Gevolglik het Suid-Afrika markte teen laer prysvlakke verloor.”

Sawis-syfers toon die geldwaarde van Suid-Afrika se wynuitvoer het verlede jaar met 7% geval tot R8,5 miljard. Die totale hoeveelheid wyn wat uitgevoer is, het tot 320 miljoen liter gekrimp. Die uitvoer van verpakte wyn het met 4% in waarde en 14% in volume afgeneem, maar altesaam 30% minder grootmaatwyn is uitgevoer. Die waarde daarvan het met 17% gedaal.

Mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, het aan Bizcommunity gesê die kleinhandelprys op plaaslike front het met 7% gestyg, hoewel volumes 8% laer is.

Wit aan voorpunt

Die uitvoermarkte het klaarblyklik ’n voorliefde vir Sauvignon blanc, wat die volume-voorloper is. Die waarde van Chenin blanc- en Chardonnay-uitvoer het met 14% toegeneem.

“Die goeie pryse vir Suid-Afrikaanse Cap Classique en vonkelwyn-kategorieë is ook noemenswaardig.”

Vonkelwyn en Cap Classique se uitvoervolumes het egter met onderskeidelik 53% en 6% gedaal.

Die droogte het ’n regstreekse invloed op die sukkelende uitvoer gehad, meen Thompson. Die totale oes het 1,244 miljoen ton druiwe opgelewer.

“Daar was ’n produksie-afname weens die droogte. Hoewel die Wes-Kaap verlede jaar ’n effens gunstiger reënseisoen gehad het as in die vorige drie jaar, het wingerde gesukkel om te herstel en was die oes kleiner as voorheen.”

Beter pryse, waarde groei

Sy is wel optimisties dat hoër pryse op die meeste vlakke verwesenlik is. “Dis nog vroeg, maar ons beskou die beweging na hoërwaarde-wyne as gunstig. Dit vorm deel van ’n groter neiging waaraan die bedryf werk met die oog op 2025.”

Die waarde van verpakte wynuitvoer na Nederland het met 11% geklim. Dis nou die naasgrootste uitvoermark nadat dit Duitsland vir die eerste keer verbygesteek het.

Volgens Basson het die wingerdstand met 7% gekrimp die afgelope vyf jaar. Daar is net 2 873 wynboere in die land oor. Dit is 34% minder as ’n dekade gelede.

“Dit is gunstig dat die hoër pryse tot ’n mate na plaasvlak deurgesyfer het. Die netto boerdery-inkomste het verlede jaar na meer volhoubare vlakke beweeg en dis verblydend dat boere wingerde hervestig.”

Mnr. Conrad Schutte, konsultasiediensbestuurder by Vinpro, verwag vanjaar se oes sal ietwat groter wees as verlede jaar, maar dit sal waarskynlik nie by die vyfjaargemiddelde van 1,360 miljoen ton kom nie. 

wynuitvoere
Grafika verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot