AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wynuitvoere kry goeie hupstoot in 2021

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustasie. Foto: Fredalette Uys
Suid-Afrika se wynuitvoere het in 2021 begin herstel na 'n daling sedert 2018.

Suid-Afrika se wynuitvoer het in 2021 herstel na gesonder volumes, ondanks die verskeie struikelblokke wat die bedryf ervaar het.

Die bedryf het in 2021 altesaam 388 miljoen liter wyn uitgevoer, terwyl die waarde van die uitvoere tot R10,2 miljard toegeneem het. Dit is ’n aansienlike toename van die 319,2 miljoen liter wyn, ter waarde van R9,1 miljard, wat in 2020 uitgevoer is.

“Ek is baie bemoedig deur die uitvoersyfers vir 2021,” sê me. Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wines of South Africa (Wosa). “Dit is duidelik dat ons sleutelmarkte Suid-Afrika sien as produsent van wyn van goeie gehalte wyn en dat, selfs in moeilike toestande, Suid-Afrika steeds probeer om aan sy markte te verskaf en aanhou om wyne verantwoordelik te verkoop, wat verdere vertroue skep.”

Dié syfers is veral gunstig as dit met 2018 se uitvoer vergelyk word toe 420 miljoen liter wyn ter waarde van R9,1 miljard verkoop is.

Luidens Wosa se verklaring is Brittanje steeds Suid-Afrika se grootste wynuitvoervennoot, met goeie groei van 10% in volume en 25% in die waarde van verpakte wyn, “wat baie verblydend is ten spyte van vroeëre vrese oor ’n ongunstige impak wat Brexit kon bring, asook die covid-19-pandemie”.

“Die groei was hoofsaaklik in die onafhanklike en spesialis-wynsektor, asook die hoërwaardekruidenierswinkels. Die Britse mark was baie ondersteunend teenoor die Suid-Afrikaanse wynbedryf gedurende een van die moeilikste tye wat dit nog in die gesig gestaar het. Dit kan gesien word in die groei van uitvoer.”

China

Suid-Afrikaanse wyn se markaandeel op Chinese wynrakke het verdubbel.

China is tans ’n belowende mark weens die handelsoorlog met Australië, aangesien dit beter geleenthede bied vir Suid-Afrikaanse verpakte en grootmaatwyn weens die beskikbaarheid van gehaltewyne.

Die geleenthede vir grootmaatwyne in China is geleë by wynprodusente en handelsmerke wat in China gebotteleer word. Wat verpakte wyn betref, was daar ’n groot toename in die aanbieding van Suid-Afrikaanse wyne in die grootste kleinhandelwinkels, met ’n aantal nasionale invoerders wat hul aanbod uitgebrei het om Suid-Afrikaanse wyne in te sluit.

Uitvoer het ’n verdere hupstoot gekry danksy goeie herstel in markte elders in Afrika, met uitvoervolumes wat beter was as vlakke voor die covid-19-pandemie. Die bestemmings wat groei aangevoer het, was Nigerië, Kenia, Tanzanië, Uganda, Mosambiek en Zimbabwe.

“Verdere markinsigte toon dat dit in die toekoms sal voortduur namate die mark uitbrei.”

Belangrike markte in Europa soos Duitsland, Nederland en Swede is stabiel, ondanks inperkingsmaatreëls wat in die lande toegepas is, wat ’n direkte impakte op handel gehad het.

Groei is ook aangeteken in Noord-Amerika in Kanada en Amerika. “Die groei is aangedryf deur grootmaatwynverkope, maar in die tradisioneel moeilike markte en gegewe impakte van die pandemie, word dit in geheel as gunstig beskou.”

Suid-Afrika was boonop die enigste nuwewêreldland waar van Januarie tot Oktober 2021 groei gesien is, toon data van Gomberg, Fredrikson en Vennote, verskaffers van data aan die wynbedryf. Die invoer van verpakte Suid-Afrikaanse wyne het met 18% toegeneem oor die afgelope jaar.

Struikelblokke

Die probleme met die verskaffing van verpakking het ’n groot impak gehad op die uitvoer van verpakte wyne, maar die uitvoer kon uiteindelik weer terugbons en met 6,7% in volume en 9,2% in waarde groei. Die sektor speel ’n kernrol in die beeld van Suid-Afrikaanse gehalte.

Grootmaatwyne het in 2021 ’n noodsaaklike rol gespeel om die opgehoopte voorraad, wat veroorsaak is deur die vele kere wat daar ’n verbod op plaaslike alkoholverkope geplaas is, reg te stel.

Die waarde van grootmaatwynuitvoer, wat bedryfswyne uitsluit, het per volume met 33,6% toegeneem op ’n jaargrondslag.

“Dit is duidelik dat wit kultivars in 2021 op ’n jaargrondslag die groei oorheers, en (dié aanvraag) is veral oorheers deur die vraag na Chardonnay (met 167% toename) en Sauvignon blanc (met 79% toename).”

Die waarde in rand per liter vir grootmaatwyn het met 8% toegeneem, met ’n toename van 32% in stil witwyn van 2018 tot 2021.

Die uitvoer van vonkelwyn het met ’n goeie 40% toegeneem, wat noemenswaardig is in ’n baie mededingende mark wat champagne, prosecco en cava insluit. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-0.1%
Rand - Pond
21.01
+0.1%
Rand - Euro
18.16
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,772.89
+0.1%
Silwer
22.35
+0.7%
Palladium
1,878.26
+1.5%
Platinum
993.01
+0.2%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
68,420
0.0%
Alle aandele
74,557
0.0%
Hulpbronne 10
73,980
0.0%
Industriële 25
91,397
0.0%
Finansiële 15
15,738
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot