AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Van Pramberg tot Grootderm

Die kleurvolle Noord-Kaap in woord en beeld vasgevang – in 'n pragboek oor dié streek. (Jy kan ’n eksemplaar van die boek wen - lees hieronder.)

Van Pramberg tot Soebatsfontein en Tontelbos tot Voorwoord, Nigramoep en Grootderm is in ’n nuwe boek waarin die Noord-Kaap in woord en beeld vasgevang word.

Die boek, Noord-Kaapse Dorpe, is uitgereik deur dr. Jan van der Merwe van Bloemfontein, wat vroeër ’n soortgelyke boek oor die Vrystaat gepubliseer het.

Die boek van 760 bladsye bevat die verhaal van elke dorp, van Kimberley tot die kleinste en mees afgeleë gehuggie, saam met ’n verskeidenheid foto’s. Staaltjies oor die dorpe word ook vertel.

Van der Merwe sê die idee vir die boek het juis ontstaan toe hy in 2012 die boek oor die 86 dorpe in die Vrystaat uitgereik het.

Altesame 235 dorpe en plekke se geskiedenis word in die boek vertel. Hiervan het 104 munisipale status verwerf. Nog twee, Zwartkops en Lanyon, het munisipale status gekry, maar het nooit tot volwaardige dorpe ontwikkel nie. ’n Klompie spookdorpe word ook bespreek.

Hy en Phillipe Burger, wat heelwat van die foto’s in die boek geneem het, het meer as 15?000?km gery en tussen hulle meer as 150?000 foto’s geneem. Die navorsing vir die boek het sowat twee jaar geduur.

Die mooiste twee dorpe in die Karoo vir Van der Merwe is Vosburg en Loxton. “Orania is ongetwyfeld die dorp in die Karoo wat die beste groei toon, maar dit is nie ‘n karaktervolle Karoodorp nie.

Nieuwoudtville is ‘n tipiese Bolandse dorpie wat in die hartjie van die Karoo lê,” sê hy.

Die mooiste twee dorpe in die Namakwaland is Hondeklipbaai en Leliesfontein. Maar die beste vakansiebestemming is volgens hom Noup , wat versteek lê tussen Koiingnaas en Kleinzee.

“Maar die grootste verborge skat in die Noord-Kaap is Sydney-on-Vaal. “Hierdie dorpie is in privaat-besit, maar dit is ‘n ongelooflik mooi, goed versorgde delwersdorpie, op die walle van die Vaalrivier.”

Ondanks die lywige 760 bladsye meen Van der Merwe hy het genoeg geskiedkundige feite en stories oor om nóg twee boeke oor die Noord-Kaap uit te gee.

“Daar is tientalle pragtige stories in die boek. Só is daar die verhaal van Adriaan Niewoudt van Garies met sy vrotmelk-besigheid en die verhaal van die Duitse spioen (Robey Leibrandt) wat Suid-Afrika in die Tweede Wêreldoorlog by Koringbaai ingeval het.

“Daar is stories oor delwers, ontdekkingsreisigers, sendelinge, malles, verlooptes en swendelaars.”

Van der Merwe beskryf die Noord-Kaap as “so wyd soos die Here se genade, maar dit is ’n ongenaakbare stuk aarde, met min genade”.

Hy sê die Noord-Kaap het van die vroegste tye af die mensdom geboei. Jan van Riebeeck het met sy aankoms aan die Kaap byvoorbeeld ’n studie gemaak van die sogenaamde Ryk van Monomotapa wat luidens gerugte êrens in die Noord-Kaap geleë sou wees.

* Noord-Kaapse Dorpe is teen R850 (plus koerierkoste van R150) beskikbaar, terwyl enkele eksemplare van die vorige boek, Vrystaatse Dorpe, teen R800 beskikbaar is. Dit is ook beskikbaar by Lapa- ,Exclusive- en Protea-boekwinkel. Bel Van der Merwe by 082-828-7956 of kontak by Jan.vanderMerwe@mangaung.co.za.

*** 'n Gelukkige deelnemer wat in Maart minstens een foto op Landbou.com se nuwe afdeling, Jou Foto, publiseer, gaan 'n eksemplaar van dié boek wen. Klik hier om in te skryf.

Noord-Kaapse-dorpe_cover_2-(7)

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.61
+0.6%
Rand - Pond
24.57
-0.1%
Rand - Euro
21.06
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.88
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
1,008.23
+0.5%
Palladium
1,385.38
+0.6%
Goud
1,979.41
+0.9%
Silwer
23.86
+1.5%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+1.0%
Hulpbronne 10
68,962
+2.2%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vryheid en die buite Lewe
Lig van hart vol lewe ! geniet strand, see, buitelig en kamp. Lewe vry sonder komplikasies 🦅👁️ Nie baie nodig om gelukig te wees 😉
Nuwe avonture
Ek is n stil mens, kyk eers die kat goed uit die boom. Ek hou van reis en nuwe plekke ontdek. Diereliefhebber.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot