
Die onteiening van grond kan baie skade aanrig en debatte het reeds ’n invloed op beleggingsvertroue gehad. Dit kan tot ’n totale ineenstorting van die ekonomie en voedselsekerheid lei. “Terselfdertyd kan ons nie aangaan soos in die verlede nie, want mense raak ongeduldig. As hulle die reg in eie hande neem, sal dit tot maatskaplike onstabiliteit en konflik lei,” het hy gesê.
Onteiening is nie die oplossing vir die grondprobleem nie. Debatte oor die toekoms sal egter nog lank aanhou en na verwagting intensiewer raak namate volgende jaar se verkiesing nader kom.
Hy het gesê die eiendomsklousule in die Grondwet is nie die struikelblok vir grondhervorming nie; wel die stadige pas waarteen grondhervorming plaasvind weens onder meer ondoeltreffende beplanning, uitvoering en steun. Die openbare debat moet eerder gegrond word op verdienstelike, relevante inligting oor grondeienaarskap met verwysing na grond in staatsbesit, wat vir grondhervorming beskikbaar is.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.