AFGRI
BEAN
06 Des
-
7501
0,00
CORN
06 Des
-
3735
28,00
SOYA
06 Des
-
7544,8
44,80
SUNS
06 Des
-
10820
102,00
WEAT
06 Des
-
6220
-5,00
WMAZ
06 Des
-
3520
17,00
YMAZ
06 Des
-
3755,4
16,40
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Leer oor waardeketting op Veeskool

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Groter betrokkenheid by rooivleis se waardeketting kan vir boere meer geld in die sak bring. Om hulle te bemagtig om meer geld uit hul produksie te verdien, is ’n hand vol buitelandse sprekers van lande wat reeds ver op dié gebied gevorder het, gewerf om lesings op die volgende LRF-Veeskool te lewer.

Die hibriede Veeskool wat deur die LRF (Lewendehawe-registrerende Federasie), Breedplan en Landbouweekblad aangebied word, word van 13-15 Oktober gehou. Die tema is “Kritiese suksesfaktore vir ’n inklusiewe en winsgewende lewendehawe-waardeketting”.

’n Beperkte getal mense sal die verrigtinge fisiek by die Aldam-vakansieoord tussen Ventersburg en Winburg kan bywoon, terwyl daar ook ’n goedkoper opsie is om aanlyn vanaf die huis na die lesings te luister.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van die LRF, het sprekers van sterk uitvoerlande soos Australië, Brasilië, Amerika en Namibië bekom om te vertel wat hulle doen om die waardeketting te benut en rooivleis suksesvol uit te voer.

Brasilië is Suid-Afrika se grootste mededinger op die buitelandse markte en produseer groot volumes beesvleis teen laer pryse as in Suid-Afrika, wat aan hulle ’n bemarkingsvoordeel gee. Hulle verdubbel nou hul voerkrale om in die vraag na proteïen in die invoermarkte te voorsien. Mnr. Bruno Andrade, ’n direkteur van die Mato Grosso Meat Institute, gaan sy land se uitvoerstrategie verduidelik.

Mnr. Jason Strong, hoof van Meat and Livestock Australia (MLA), een van die wêreld se grootste vleisuitvoerders wat op premiemarkte vir hoëwaardevleis konsentreer, gaan vertel hoe hul strategie meer geld in die boer se sak sit.

Dr. Steve Miller, waarnemende direkteur van die Animal Genetics and Breeding Unit in Australië, ’n Kanadees wat in Australië woon, gaan sy lesing op genetika toespits. Hy was verantwoordelik vir die wêreld se grootste genetiese evaluasie van ’n beesras, die Angus in Amerika.

Prof. Dale Woerner, assosiaatprofessor in die departement diere- en voedselwetenskappe aan die Texas Tech-universiteit in Amerika, gaan vertel hoe hulle in internasionale verbruikers se rooivleisbehoeftes voorsien.

Prof. Helmke von Bach, landbou-ekonoom van die Universiteit van Namibië, gaan verduidelik hoe hulle die internasionale rooivleismarkte suksesvol binnedring. Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Namibiese Vleisraad, gaan die suksesverhaal van hul Fanmeat-naspeurbaarheidstelsel met Veeskool-gangers deel.

Mnr. Dong Wang, direkteur van China Marketing Solutions wat in Australië gesetel is, gaan vertel wat ’n bedryf moet doen om rooivleis na China uit te voer. Hy sal ook meer van China se verbruikerspatrone praat.

Die organiseerders het besluit om ’n korting toe te staan aan mense wat voor of op 1 September registreer en betaal. Vir fisieke bywoning is die prys vir vroeë registrasie R5 865 vir al drie dae se lesings, ’n dokument met al die lesings, verblyf, etes en die galadinee en prysuitdeling. Die aanlyn opsie kos R510.

Daarna kos dit R6 900 vir fisieke bywoning en R600 vir aanlyn bywoning. Pryse sluit BTW in. Getalle sal weens covid-19-maatreëls beperk word. Bespreek aanlyn op Quicket by https://bit.ly/3z0MEIi

Navrae: LRF-kantoor, 012 667 5258, office@lrf.co.za
.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
+0.2%
Rand - Pond
21.22
+0.2%
Rand - Euro
18.10
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.25
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,784.57
0.0%
Silwer
22.46
-0.4%
Palladium
1,796.00
-1.1%
Platinum
939.54
+0.3%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,575
+0.4%
Alle aandele
71,069
+0.4%
Hulpbronne 10
66,976
+0.7%
Industriële 25
93,955
+0.2%
Finansiële 15
14,018
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Ek is n 34jaar oue goeie man wat opsoek is vir n vrou wat haar lewe met my wil deel is ek is n kind van God en sal graag iemand wil hê met die selfde waardes ek is n ou wat...
Ek is jou Verlore legkaart
God kom eerste in my lewe, verder is ek maar net ek een uit n duisend, rustig lief vir als wat mooi is positief en aan die gang kom leer my ken en beslyit vir jouself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot