AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

LRF-veeskool nou virtueel aangebied

akkreditasie
Die gewilde jaarlikse LRF-veeskool is nie in sy spore gestuit deur inperkingsmaatreëls nie en word steeds van 14-16 Oktober aangebied. Dié groot leergeleentheid vir veetelers trek egter vanjaar ’n digitale baadjie aan.

Danksy internettegnologie en samewerking tussen die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) en Landbouweekblad, kan veeboere regskuif om die LRF-veeskool aanlyn by te woon.

Dr. Michael Bradfield, organiseerder van dié geleentheid wat normaalweg by Aldam in die Vrystaat gehou word, sê die LRF het besluit om die veeskool eerder aanlyn aan te bied as om dit vanjaar oor te slaan. Vele nuwe planne is bedink om die landboubedryf met waardevolle inligting en kenners te verbind.

Nuwe tegnologie en praktyke word gebou op die beginsels wat volhoubare veeboerdery moontlik maak. Gevolglik is die tema “Lewendehaweproduksie: Terug na die basiese beginsels”.

Die volgehoue ondersteuning van die LRF-veeskool se borge en vennote beaam die noodsaaklikheid van dié geleentheid. Net soos in die verlede sal die skool daarop toegespits wees om Suider-Afrika se veetelers op die voorpunt van die jongste navorsing en tegnologie in die bedryf te hou.

Mnr. Wayne Porter, voorsitter van die LRF, sê die veeskool is een van die wêreld se beste opvoedkundige landbougeleenthede, en gehalte word altyd vooropgestel. Vanjaar gaan die standaard van lesings en sprekers steeds hoog wees, maar die koste vir veeboere van Suider-Afrika om die skool “by te woon”, is besnoei.

Die registrasiekoste is ’n eenmalige bedrag van R300 vir ál die sessies. Kaartjies kan aanlyn op Quicket by bit.ly/2QgOgtn bespreek word.

Lesings en besprekings word elke dag van 09:00 tot 12:00 aangebied. Die sessies sal vir sewe dae aanlyn beskikbaar wees en kan enige tyd in hierdie tydperk gekyk word.

Wees op die uitkyk vir ’n spesiale fokusafdeling oor die LRFveeskool in Landbouweekblad se uitgawe van 8 Oktober en meer inligting oor onder meer die jaarlikse eerbewyse, soos Landbouweekblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar-eerbewys.

NAVRAE: E-pos: jacolette.kloppers@landbou.com

Program

Tema: Lewendehaweproduksie: Terug na die basiese beginsels

Woensdag 14 Oktober 2020

Tema: Die beginsels van ’n winsgewende veeboerdery

¦ Dr. John Purchase, Agbiz: Wat veeboere in die volgende vyf jaar kan verwag.

¦ Prof. Kevin Kirkman, Universiteit van KwaZulu-Natal: Wisselweiding wat vir die omgewing geskik is.

¦ Dr. Bob Weaber, Coloradostaatsuniversiteit, Amerika: Die ideale koeigrootte vir die omgewing.

¦ Prof. Dietmar Holm, Universiteit van Pretoria (UP): Wanneer verse gedek moet word en die ideale kalftyd.

¦ Prof. Eddie Webb, UP: Produksie en reproduksiedoeltreffendheid in ’n winsgewende

veeboerdery.

¦ Mnr. Martin Seyfferdt, interrasbeoordelaar, en prof. Frikkie Neser, Universiteit van die Vrystaat (UV): Bul- en koeiseleksie.

Donderdag 15 Oktober 2020

Tema: Konsentreer op dié belangrike aspekte wat ’n volhoubare veeboerdery verseker

¦ Prof. Frikkie Mare, UV: Internasionale markte en hul vereistes.

¦ Mnr. Danie Slabbert, boer van Reitz: Herlewingslandbou in veeboerdery.

¦ Dr. Schabort Froneman, Zoetis: Sleutelaspekte wat ’n onmiddellike uitwerking op dieregesondheid het.

¦ Mnr. Johan Mouton, Molatek: Die basiese beginsels van optimale voedingkundige vereistes.

¦ Me. Cheri-Lynn Steyn en prof. Frikkie Mare, UV: Die aanpassing van vee vir meer wins.

Vrydag 16 Oktober 2020

Tema: Tegnologiese beginsels vir veeproduksie om internasionaal mededingend te word

¦ Me. Izaan du Plooy, LRF, en prof. Frikkie Neser, UV: Die waarde van seleksie gegrond op beraamde teelwaardes ná twintig jaar se resultate.

¦ Dr. Paul Arthur, departement van primêre bedrywe, Nieu-Suid-Wallis, Australië: Die waarde van seleksie vir voerdoeltreffendheid in voerkrale en op natuurlike weiding.

¦ Dr. Matt Wolcott, eenheid vir diereteelt en -genetika, Australië: Reproduksietegnologie in Australië met Bos indicus-beeste as voorbeeld.

¦ Dr. Mario Beffa, Zimbabwe, en mnr. Jaco Maass, BKB: Diere-identifikasie, naspeurbaarheid en blokkettingtegnologie.

¦ Mnr. Christian Duff, Angusgenootskap van Australië: Kan genomika die lewendehawebedryf hervorm, met die Australiese Angus in voerkrale as voorbeeld?

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot