AFGRI
BEAN
06 Des
-
7642,2
39,20
CORN
06 Des
-
3710
3,00
SOYA
06 Des
-
7555
55,00
SUNS
06 Des
-
9450
45,00
WEAT
06 Des
-
6160
-65,00
WMAZ
06 Des
-
3400
-12,00
YMAZ
06 Des
-
3572
4,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Nuwe bedeling vir Veeskool ingelui

akkreditasie
Boere en ander belangstellendes kan vanjaar die LRF-veeskool fisies bywoon of die verrigtinge aanlyn volg. Toekennings gaan ook aan die beste beesboere gemaak word. Hier is ‘n Branguskoei met haar kalf. Hulle behoort aan mnr. André van der Merwe wat verlede jaar die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar was. Foto: Wouman Brangus
Boere en ander belangstellendes kan vanjaar die LRF-veeskool fisies bywoon of die verrigtinge aanlyn volg. Toekennings gaan ook aan die beste beesboere gemaak word. Hier is ‘n Branguskoei met haar kalf. Hulle behoort aan mnr. André van der Merwe wat verlede jaar die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar was. Foto: Wouman Brangus
’n Nuwe bedeling tree vanjaar in werking vir die jaarliks LRF-Veeskool wat al meer as ’n dekade sorg dat Suider-Afrika se veeboere op die hoogte van die nuutste ontwikkelings in die veebedryf bly. Boere en ander belangstellendes het die keuse om dit by te woon of aanlyn te volg.

Die geleentheid wat deur die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), Breedplan en Landbouweekblad gehou word, het deur die jare by Aldam naby Ventersburg plaasgevind, maar is verlede jaar weens die beperkinge wat die Covid-19-pandemie op byeenkomste en reise geplaas het, slegs aanlyn aangebied. Vanjaar word die twee metodes gekombineer tydens die Veeskool wat van 13-15 Oktober plaasvind.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van die LRF, sê reëlings vorder fluks en hulle is baie opgewonde oor die wyse waarop vanjaar se Veeskool aangebied gaan word, met die ondersteuning van vennote soos Molatek (RCL Foods), Zoetis, BKB, Sparta, Unistel, King Price en GrowSafe. “Met die toepassing van Covid-19-reëls kan ons lesings en praktiese sessies inpas wat deur boere bygewoon kan word, terwyl ander belangstellendes die verrigtinge in die gerief van hul huise aanlyn kan volg,” sê hy. Die virtuele deel sal gedoen word met die samewerking van Landbouweekblad, wat dit ook tydens 2020 se Virtuele Veeskool behartig het.

Die tema is “Kritiese suksesfaktore vir ’n inklusiewe en winsgewende lewendehawe-waardeketting”.

Bradfield sê die buitelandse mark vervul ’n deurslaggewende rol in die winsgewendheid van die veebedryf in Suider-Afrika, waaronder die uitvoer van lewende skape deur Al Mawashi en vleisuitvoer deur voerkrale na die Midde-Ooste en China. “Daar is egter nog ’n groter potensiaal om uitvoermarkte te ontgin en die Veeskool gaan die Veeskoolgangers inlig oor hoe Namibië, Brasilië en Australië hierdie markte ontgin.

“ ’n Land se dieregesondheidstatus is belangrik vir uitvoer en staatsamptenare en mense in die beesbedryf sal vertel wat gedoen word om aan hierdie vereistes te voldoen,” sê hy. Lesings sal ook handel oor die rol van dieregesondheid, voorbereiding en voer van klein- en grootvee, die kleinhandel se aanpassing by die verbruikers se veranderende voorkeure, boere se rol daarin en die toekoms van die rooivleisbedryf.

Twee praktiese aanbiedinge word op boere se plase gehou.

Die een is oor kleinveeboerdery en word by mnre. Llewellyn en Gareth Angus tussen Arlington en Senekal gehou. Dit gaan oor die gebruik van ’n intensiewe lamhokstelsel en die ekonomiese voordele wat dit inhou. Die integrering van die stelsel met radiofrekwesie-oorplaatjies en elektroniese sortering van skape sal ook bespreek en gedemonstreer word. Nog sprekers sal optree.

Die ander praktiese sessie is by die Zimeyer Genetics Centre van mnre. Thys en Pieter Meyer van Lindley. Dit sal op die gebruik van GrowSafe-stelsels konsentreer waarmee beeste se doeltreffendheid van voeromsetting gemeet word. Daar sal die lesings en demonstrasies handel oor die ekonomiese voordeel vir die toets van voerdoeltreffendheid. ’n Ruim 80% van speenkalwers in Suid-Afrika word in voerkrale afgerond en voer maak 60% van hul uitgawes uit. Daarom is daar groot druk op die stoetveebedryf om bulle te teel wat nageslag teel wat minder voer nodig het om hul slaggewig te gebruik.

Sprekers sluit twee boere in wat ook die stelsel gebruik, mnre. Mecki Schneider van Namibië en Koos Kooy van KwaZulu-Natal. Prof. Michiel Scholtz sal oor die Landbounavorsingsraad se GrowSafe-stelsel by Irene gesels waar navorsing oor verskillende beesrasse se vreetgewoontes gedoen word.

Die LRF behartig die dierereregistrasies en prestasiedata van nege telersgenootskappe in Suid-Afrika, 38 in Namibië en 24 in Zimbabwe.

Navrae en aansoek vir deelname: Me. Izaan du Ploopy, office@lrf.co.za, 012 667 5258.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.96
+0.7%
Rand - Pond
21.17
+0.4%
Rand - Euro
18.01
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+1.1%
Goud
1,779.88
-0.3%
Silwer
22.35
-0.9%
Palladium
1,791.00
-1.4%
Platinum
940.00
+0.4%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,695
+0.6%
Alle aandele
71,199
+0.6%
Hulpbronne 10
67,381
+1.3%
Industriële 25
93,783
-0.0%
Finansiële 15
14,081
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil weer trots wees om te sê daai is my vrou
Ek het nie 'n complicated lewe op die oomblik nie. Gaan werk toe, gaan huis toe en hou my self besig met golf, gym en so af en toe 'n kuier by vriende en family. Elke...
Life is a Gift
Eerlik, reguit gesond fiks en sportief. Hou van natuur, buite lug aktiwiteite en kan heerlik kosmaak. Is kunstig en kreatief. Ek is rustig en liefdevol en baie romanties....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot