
Die veeskool is die tiende keer deur Landbouweekblad, die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en Breedplan aangebied.
Sparks is die eienaar van Mount Olive Genetics, ’n argitek van beroep en ’n gewese voorsitter van die LRF. Hy boer met Brangusbeeste en besit ook Nguni’s.
Mnr. André van der Merwe van Wouman Brangus, Reitz, was die naaswenner. Mnre. Ebbi Fischer, Wokuma Brahman, Hochfeld, Namibië, en Wessel Hattingh, Welcare Brahman, Heilbron, was saam derde.
Die Pick n Pay Rudd-toekenning vir die beesboer wat die laaste dekade die beste vordering getoon het, is die Vusi Khanyile-familietrust, wat as Afrikan Farms, sake doen. Mnr. Vusi Khanyile, voorsitter van die trust, boer met Beefmasters by Amersfoort.
Die Landbouweekblad-Zoetis-Breedplan-Skoubul van die Jaar is XRL15/59 Xourel Rainmaker van die Le Roux-familie, Xourel Limousins, Lichtenburg. Hy was die wenner op die Vryburg-, Lichtenburg- en Bloemskou.
Die LRF het verdienstelikheidsertifikate aan twee belangrike rolspelers toegeken. Mnre. Llewellyn Angus, Simmentaler- en Simbrateler van Whispering Willows, Arlington, is vereer vir sy uitsonderlike diens aan die Aldam-veeskool. Mnr. Gerhard Schutte, hoof- uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie, het ’n sertifikaat ontvang vir sy uitsonderlike bydraes tot die lewendehawebedryf van Suider-Afrika.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.