AFGRI
BEAN
06 Des
-
7501
0,00
CORN
06 Des
-
3737
30,00
SOYA
06 Des
-
7550
50,00
SUNS
06 Des
-
10820
102,00
WEAT
06 Des
-
6331
-14,00
WMAZ
06 Des
-
3529,8
26,80
YMAZ
06 Des
-
3776
37,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Van politiek tot dieregesondheid op Veeskool

akkreditasie
Foto: Johan Coetsee
Foto: Johan Coetsee
Van politiek en dieregesondheid tot die landbouwetenskap en inligting oor die nuutste navorsing oor vee sal vanjaar op die Aldam-veeskool bespreek word.

Die geleentheid word die elfde keer deur die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), Breedplan en Landbouweekblad aangebied en vind van 16 tot 18 Oktober by die Allemanskraal-vakansieoord tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat plaas.

Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer vir die Optimum-groep, is bekend as iemand vir wie die landbou ná aan die hart lê. Hy gaan oor strategieë en tegnologie praat wat nodig is om die Suid-Afrikaanse ekonomie uit sy huidige laagtepunt te lig. Uiteraard sal hy die landbou betrek en aandui wat dié sektor te doen staan, asook hoe belangrik die boere en hul bedryf vir die ganse ekonomie is.

Dr. Pieter Vervoort, uitvoerende hoof van die nasionale dieregesondheidsforum, beywer hom baie sterk vir biosekerheid op plase. Hy gaan vertel hoe belangrik dit is dat boere dié aspek verskerp, veral met die oog op die uitvoer van landbouprodukte na die ryk lande in die Noordelike Halfrond waar waardevolle valuta verdien word. As siektes soos bek-en-klouseer egter uitbreek, slaan daardie lande hul deure vir Suid-Afrika toe.

Twee gerekende wetenskaplikes van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Diereproduksie-instituut in Irene is ook sprekers. Prof. Norman Maiwashe, hoofbestuurder van die instituut, gaan vertel wat die LNR en department van landbou in die mou voer om die landboutoekoms te versterk.

Prof. Michiel Scholtz, ’n spesialisnavorser in toegepaste diereteelt by dié instituut en ’n medeprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat, doen al baie jare lank navorsing oor klimaatslim produksiestelsels en teeldoelwitte om die gevolge van klimaatsverandering te verlig. Hy gaan vertel hoe goed van die diererasse hulle by Afrika se klipharde toestande aangepas het, wat boere in staat kan stel om die toekomstige, ongunstiger klimaat met sy minder reën en langer droë tydperke die stryd aan te sê.

Dit kos R9 149,81 om die Veeskool by te woon. Dit sluit al drie dae se lesings, ’n bundel met lesings, verblyf, etes, ’n gala-dinee en ’n plaas- of voerkraalbesoek in. Daar is plek vir net 200 mense.

Navrae: Me. Charmaine Alberts, 051 821 1783, palberts@telkomsa.net.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
+0.2%
Rand - Pond
21.22
+0.1%
Rand - Euro
18.10
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.25
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,784.63
+0.0%
Silwer
22.48
-0.3%
Palladium
1,802.80
-0.7%
Platinum
939.44
+0.3%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,612
+0.5%
Alle aandele
71,122
+0.4%
Hulpbronne 10
67,036
+0.8%
Industriële 25
94,060
+0.3%
Finansiële 15
14,013
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Ek is n 34jaar oue goeie man wat opsoek is vir n vrou wat haar lewe met my wil deel is ek is n kind van God en sal graag iemand wil hê met die selfde waardes ek is n ou wat...
Ek is jou Verlore legkaart
God kom eerste in my lewe, verder is ek maar net ek een uit n duisend, rustig lief vir als wat mooi is positief en aan die gang kom leer my ken en beslyit vir jouself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot