AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veeskool bied kennis vir alle boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Hannelet Jordaan, data-ontleder van BKB, wat op die LRF-Veeskool oor akkurate identifikasie en die gebruik van data-ontleding as bestuursgereedskap vir kuddes sal praat. Sy het op ’n skaap-en-beesplaas by Sterkstroom in die Oos-Kaap grootgeword en die grade BSc en MSc in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Sy werk sedert verlede jaar by BKB waar sy Decision Support Service, ’n data-ontledingsdiens vir vee, behartig. Foto: BKB
Me. Hannelet Jordaan, data-ontleder van BKB, wat op die LRF-Veeskool oor akkurate identifikasie en die gebruik van data-ontleding as bestuursgereedskap vir kuddes sal praat. Sy het op ’n skaap-en-beesplaas by Sterkstroom in die Oos-Kaap grootgeword en die grade BSc en MSc in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Sy werk sedert verlede jaar by BKB waar sy Decision Support Service, ’n data-ontledingsdiens vir vee, behartig. Foto: BKB
Die eerste dag van vanjaar se LRF-Veeskool by Aldam word wel aan beginnerboere gewy, maar ’n magdom kenners sal waardevolle inligting aan alle boere bied.

Die Veeskool vind van 12 tot 14 Oktober by die Allemanskraal-vakansieoord by Ventersburg plaas en word onder aanvoering van die Lewendehawe-registrerende Federasie gehou. Die tema is “Bou ’n winsgewende koeikudde”.

Die program is vanjaar aangepas sodat die eerste dag op die basiese aspekte van veeboerdery konsentreer, terwyl die tweede en derde dag meer gevorderde inligting sal oordra.

Reg aan die begin sal die vordering van beginner- na kommersiële boerdery bespreek word. Prof. Norman Maiwashe, hoofbestuurder van die LNR-diereproduksie, sal oor die regering se rol in die migrasie van opkomende boere na kommersiële boere praat, terwyl mnr. Cois Harman, eienaar van Agri Start, ’n besigheid wat hom op boer-ontwikkeling toespits, die private sektor se rol sal verduidelik.

Die belangrikheid van siektebekamping om ’n winsgewende kudde te handhaaf en marktoegang te verseker, sal deur dr. Danie Odendaal, stigter en direkteur van die Veeartsnetwerk (V-Net), bespreek word.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van LITS-SA, sal oor die voorgenome nasionale naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika gesels.

Dit word gevolg deur die bespreking van veldbestuur vir kommunale en kleinboere, deur mnr. Colin Knott, ’n Namibiese raadgewer oor herlewingslandbou, en voedingsbestuur in koeikuddes vir verhoogde produksie en reproduksie deur mnr. Johan Mouton, tegniese bestuurder vir navorsing en ontwikkeling vir herkouers van die dierevoedingsmaatskappy Molatek. Mnr. Charles Matthewson, hoof van beesverkryging by Sparta-voerkraal, sal die boere vertel waarna voerkrale in speenkalwers soek. 

Praktiese sessies

Daarna volg praktiese opleidingsessies oor:

- Rumenfunksie, mis en kuddegesondheid (mnr. Gerry Weber, uitvoerende hoof van Rumenpro);

- Veehanteringstoerusting (mnr. Greg Talbot, besturende direkteur van Tal-Tec);

- Laestreshantering (mnr. Leon Kruger, departement dierkunde, Universiteit van die Vrystaat);

- Brandmerk, onthoorning en merk van diere (mnr. Johan Barnard, plaasbestuurder van die Universiteit van die Vrystaat, me. Milanie Nel, besigheidstrategiebestuurder vir identifikasie van Allflex, en mnr. Christo Brink, tegniese en naverkoopdiensbestuurder van Allflex);

- Inenting en dosering (dr. Schabort Froneman, tegniese bestuurder vir herkouers van Zoetis);

- Basiese beginsels van bul- en koeiseleksie (mnr. Llewellyn Angus, interrasbeoordelaar en voormalige Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, en mnr. Wayne Porter, interrasbeoordelaar en voorsitter van die Brahman-telersgenootskap van Suid-Afrika);

- en akkurate identifikasie en gebruik van data-ontleding as bestuursgereedskap vir kuddes (me. Hannelet Jordaan, data-ontleder van BKB).

Die tweede en derde dag konsentreer op meer gevorderde inligting vir veeboerdery. Lees meer daaroor in ’n volgende uitgawe.

Kostestruktuur

Boere kan kies om een, twee of drie dae by te woon. Die pryse is: Volle registrasie wat drie nagte verblyf, drie etes per dag en al die lesings insluit: R6 900 in huisies of R5 900 vir kampering; nuwe boere (dag 1): R2 500 wat een nag in ’n huisie insluit, of R2 100 vir kampering; Dag 2 en 3: R5 000 in huisies of R4 200 vir kampering; dagtarief sonder verblyf: R1 800. Spesiale tariewe kan vir groepe van tien of meer mense gereël word.

Navrae en besprekings: Charmainé Alberts, 082 922 3747, palberts@telkomsa.net

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.37
-1.1%
Rand - Pond
21.37
-1.7%
Rand - Euro
18.31
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.80
+0.5%
Silwer
23.44
+1.6%
Palladium
1,944.50
+0.7%
Platinum
1,013.62
+0.4%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Kom ons skryf ons eie storie
Sag en skaam tot iemand my leer ken. Moenie alles in die lewe so ernstig op neem nie en hê 'n sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot