
Mnr. Riaan Theron, eienaar van RAT Brahmane by Koppies, is tydens die LRF Veeskool by Aldam as die Molatek-Landbouweekblad-Breedplan Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon.
Hy en sy eggenote, Helena, het die stoetery in 2006 begin en het dit deur passie, toewyding en doelgerigtheid tot ’n gesogte naam in die Brahman-bedryf laat groei.
Mnr. Willem Botha, eienaar van Tendele Simmentalers by Senekal, is die naaswenner.
Mnr. Patrick Sekwatlakwatla van Sernick Bonsmaras, Edenville, het die Absa-toekenning vir sy diens aan die opkomende rooivleissektor ontvang, en me. Keneiwe Raphezu, saai-, vark- en beesboer van Vanderbijlpark, is as die RPO-NERPO Opkomende Rooivleisprodusent van die Jaar aangewys.