
Die Veritas-embleem, wat op die wenprodukte pryk, geniet die agting van die verbruiker en die mark as 'n betroubare aanduiding van kwaliteit. Die Veritas-toekennings is in 1991 as 'n bedryfsinisiatief gestig om aan die verbruiker riglyne te bied oor die kwaliteit van gebottelde markklaarwyne.
Ter viering van hierdie reuse mylpaal, bied Veritas wyn-entoesiaste die geleentheid om een van verskeie 12 bottel-wynkiste te wen, wat 'n versameling van die beste Veritas goud- en dubbelgoud-wenwyne insluit.
Om in aanmerking te kom vir hierdie besondere prys, e-pos eenvoudig jou naam en kontakbesonderhede na veritas25@veritas.co.za. Wenners sal lukraak deur 'n maandelikse gelukkige trekking gekies word en op Facebook en Twitter bekend gemaak word.
Bly in verbinding met die Veritas-toekennings op sosiale media. Volg hulle op Facebook, Twitter en Google+. Gebruik die hutsmerk #Veritas25 en neem deel aan die gesprek.