
Altesaam 92 verslae van veesiektes wat in Julie 2014 in Suid-Afrika voorgekom het, is deur veeartse en laboratoriums by RuVASA aangemeld, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Malan stel die verslae elke maand saam. Hy meld dat gevalle van bruin maagwurms veral by kleinvee in die somersaaigebiede voorkom. Hy waarsku dat boere op die uitkyk moet wees vir dié parasiete, juis omdat hulle nog in hul winterslaap verkeer, maar ernstige probleme in die vroeë lente kan veroorsaak.
Lees die aanhangsels hieronder vir die Julie-verslae. Sien ook die verslae van die vorige maande in 2014.
Malan beveel aan dat veeboere saam met hul veeartse beplannig vir 2014 doen met data oor veesiektes wat in 2013 voorgekom het.
Kyk na die video hieronder waarin Malan gesels oor veesiektes wat in die lente kan voorkom, en waarop veeboere bedag moet wees.
https://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=KTpEh6fhmHs#t=76