Die moontlike voorkoms van malbeessiekte in Suid-Afrika kan 'n bedreiging vir Namibië inhou, aldus die nuusbrief van die Namibiese Landbou-unie.
Die nuusbrief is uitgereik pas na afloop van die unie se kongres. Volgens die nuusbrief het Suid-Afrika 'n vlak drie status ten opsigte van malbeessiekte, wat beteken dat dit daar moontlik aanwesig kan wees maar nog net nie geïdentifiseer is nie. Dit hou 'n wesenlike gevaar in vir Namibië, wat 'n vlak een een status geniet.
"Teen hierdie agtergrond het die Lewendehawe Produsente-organisasie die minister van landbou versoek om 'n bepaling te doen aangaande die potensiële risiko in terme van dieregesondheid verbonde aan die invoer van diere. Indien die minister tot die gevolgtrekking kom dat die invoer van diere 'n risiko inhou en dat 'n beperking op die invoer van diere gestel moet word, onderskryf Kongres die Minister se besluit in hierdie verband."
- Die regering het op versoek van die Regeringsdiens Pensioenfonds 'n moratorium op die verdere oprigting van kleinvee-abattoirs plaas.
- Na aanleiding van 'n koerantberig in die Republikein van 20 Oktober 2004, gaan Meatco sowat die helfte van sy belange in Just Lamb aan produsente beskikbaar stel. Op die wyse gaan kleinveeprodusente 'n belang van 30 % in die totale Just Lamb struktuur bekom. Hierdie kan beskou word as 'n verdere stap om produsente aandele te gee in die verwerkings en bemarkings instansies ten opsigte van kleinvee.
25 Oktober 2004