AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Voëlbedryf voor heropbloei

Die plaaslike voëlbedryf is aan die vooraand van 'n moontlike heropbloei wat met die oopstelling van uitvoergrense gepaardgaan.

Die eens florerende voëlbedryf van Suid-Afrika is aan die vooraand van 'n moontlike heropbloei wat met die oopstelling van uitvoergrense gepaardgaan. Dié bedryf kan 'n hupstoot kry wanneer die uitvoer van eksotiese voëls later vanjaar hervat word.

Die mark vir Suid-Afrikaanse kouvoëls het nou ná vyf jaar van uiterste uitvoerbeperkings 'n laagtepunt bereik. Dit volg ná die instelling van maatreëls in 2002 met die uitbreek van voëlgriep onder volstruise.

Dr. Chris Kingsley van Pretoria, een van die land se bekendste veeartse wat in die behandeling van voëls spesialiseer, sê die uitvoermark het sedertdien bykans tot stilstand gekom met ook die binnelandse vraag na kouvoëls wat langsamerhand verswak het. Hy tree landwyd as voëlkonsultant op en word ook wêreldwyd as kundige erken.

Kingsley sê die uitvoer na sommige van Suid-Afrika se handelsvennote, soos in Honkong, Pakistan en Venezuela, het die afgelope twee tot drie maande weer begin.

Maar dit is die belangrike tradisionele markte in Europa wat vir Suid-Afrikaanse telers belangrik is. "Pryse behoort nou te verbeter met die nuwe optimisme wat daarmee gepaardgaan. En dit hang van die telers af hoe vinnig hulle hulle by die nuwe regulasies kan aanpas om die moontlikhede in veral die Suid-Europese markte van Griekeland, Portugal, Spanje en Italië te benut," sê hy.

Die Europese Unie het intussen sy voorwaardes bekend gemaak waarvolgens die beweging van voëls van individuele telers en lande wat daaraan kan voldoen, van 1 Julie vanjaar af vir in- en uitvoer aanvaar sal word.

Kinsley sê dié vereistes is baie streng en dit gaan 'n tyd duur voordat telers ten volle daaraan kan voldoen. Dit behels onder meer dat alle belangstellendes as telers geregistreer moet word. En dan is die begrippe soos identifiseerbaarheid en naspeurbaarheid wat deesdae in die internasionale handel geld, ook van toepassing op voëls wat na die Europese Unie uitgevoer word.

In 'n dokument van 33 bladsye word onder meer voorgeskryf dat telers volledige rekords moet hou van voëls en dat hulle gereeld vir voëlgriep, Newcastle-siekte en papegaaisiekte (chlamydia) getoets word.

Kingsley verwag dat dit vir die telers wat op groot skaal met papegaaie boer, makliker sal wees om aan die vereistes te voldoen. "Dié vereistes bring baie meer rompslomp en werk vir die veeartsenybedryf mee om die voorgeskrewe inspeksies uit te voer. Voordat die voëls uit- en ingevoer word, word hulle eers in kwarantyn geplaas, wat ook die koste van die proses verhoog."

Benewens die kwarantyn moet toetse vir siektes, soos voëlgriep, gedoen word en voëls moet aan 'n unieke identifiseerbare nommer of mikroskyfie uitgeken kan word. "Die maatreëls bring 'n einde aan die massa-verhandeling van voëls, soos voor die uitbreek van voëlgriep," sê hy.

Suid-Afrika voer net kouvoëls na Europa uit. Die totale verbod op die in- en uitvoer van wilde voëls is steeds van toepassing. "Dit volg ná druk van omgewingsbewaringsgesindes om voëls in hul natuurlike habitat te beskerm en weens bedrieglike praktyke van wilde voëls wat as kouvoëls voorgehou is."

Suid-Afrika is ook baie strenger met sy in- en uitvoermaatreëls as tevore. Net voëls uit lande wat vry van voëlgriep verklaar is, word vir invoer oorweeg. Van die gebiede wat deesdae vermy word, is dele van Wes-Afrika, waarvandaan derduisende wilde grys Kameroens in die verlede gekom het, en die Oosterse blok van Indonesië, Thailand, Maleisië en Viëtnam, wat vir kaketoes lorikiete, hangende papegaaie ("hanging parrots") en vy-papegaaie ("fig parrots") bekend is.

Van die goedgekeurde gebiede waaruit kouvoëls die land binnegebring mag word, is sekere Europese lande en lande in Suid-Amerika en Oos-Afrika.

Benewens krombekke, word watervoëls en siereende, fisante, vinke en dieretuin-voëls in die winsgewende mark verhandel. Die verhandeling in vliegduiwe is natuurlik self ook 'n multimiljoenrand-bedryf.

Kingsley sê die goeie vooruitsigte vir 'n oplewing in die voëlmark ontlok gesonde geesdrif van die Suid-Afrikaanse telers om met die owerhede saam te werk ten einde die uitvoerbedryf weer aan die gang te kry. "Daar heers 'n vasberadenheid onder die telers wat onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Voëlvereniging (SAVV) saamgesnoer is. Mnr. Louis Botma, die SAVV-voorsitter, het intussen met die staatsveeartse in Pretoria oor die kwessie samesprekings gevoer."

Kingsley sê die SAVV het by monde van Botma onderneem om sy samewerking te gee met die nakoming van die maatreëls. Een van die ondernemings wat die SAVV gemaak het, is dat lede die voorkoms van voëlgriep onder kouvoëls sal monitor en aanmeld sodat dit nie ongesiens in die land inkom en versprei word nie. "Dit sal ook Suid-Afrika se status by die EU verbeter as die unie se voëlboere sien dat dit die Suid-Afrikaanse telers se erns is."

Mnr. Hennie de Lange van die Bloemfonteinse Papegaaitelersvereniging sê hy is bewus dat die uitvoer na sommige van die Oosterse lande begin toeneem het. Die grootste vraag word uit dié wêrelddele ondervind na onder meer voëls met rooi oë, soos ringnekke (albino' en geel lutino') en creamino' (wit ringnekke met geel kolle). Die helderkleurige son-connures is ook in dié geweste in aanvraag.

Hy stem saam dat die binnelandse vraag na kouvoëls te klein is om die jaarlikse aanwas plaaslik te kan benut.

'n Voorbeeld van hoe die uitvoerbeperkings die vraag en gevolglik die prys onderdruk het, is in die geval van son-connures. Telers kan deesdae R600 tot R800 per paar verdien, teenoor die R2 000 tot R3 000 van weleer.

Landbouweekblad, 23 Maart 2007.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot