In ander geledere in die wild-en-jagbedryf word die studiemetode en gevolgtrekkings egter bevraagteken.
Die wild- en jagbedryf is warm onder die kraag oor ’n onlangse navorsingsverslag. Maar volgens die skrywer daarvan is dit nie kritiek op die jagbedryf nie, maar eerder ’n pleidooi dat jagters en wildboere alternatiewe ammunisie gebruik en nie besmette karkasse vir aasvoëls uitsit nie.
Me. Linda van den Heever, aasvoëlprojekbestuurder by Birdlife Suid-Afrika, het onlangs die bevindinge van haar vier jaar lange navorsing oor loodvergiftiging weens loodammunisie in jagkarkasse onder aasvoëls vir haar doktorsgraad in ’n wetenskaplike tydskrif laat publiseer.