Dit is egter middelslagdiere soos ietermagôs, springhase, knoppiesdopskilpaaie en steenbokke wat meestal onkant gevang en sodoende dikwels doodgeskok word.
Die meeste gevalle waar diere deur geëlektrifiseerde heinings doodgeskok word, gebeur in die somer, sê dr. Darren Pietersen van die Tikki Hywood-stigting, wat onder meer ten doel het om ietermagôs in Afrika te beskerm.
Pietersen, wat ook as navorser aan die Universiteit van Pretoria verbonde is, het data wat oor ’n tydperk van vyf jaar op ’n private wildplaas in die Kalahari ingesamel is, ontleed.