Ons sien uit na die vakansie, Kersfees, die volgende jagtog, die nuwe bakkie en ’n kind se gradedag. Ons vergeet dikwels dat die ware lekker van die lewe in die alledaagse skuil.
Ek lees onlangs ’n boek wat ’n versameling rubrieke uit ’n reistydskrif bevat. Een wat my veral getref het, is waar Sophia van Taak oor die vreugde van die alledaagse skryf.
“Reise na die eksotiese uithoekies van die aardbol is een van die dinge waarvoor ons lewe. Maar dit kan tog nie al wees wat ’n mens op jou oudag wil onthou nie? Die gewone goedjies is net so spesiaal,” skryf sy.