AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Jagters kan weer vir die pot skiet

akkreditasie
Te midde van die drama rondom die hofuitspraak van regter Norman Davis in die hooggeregshof in Pretoria dat van die inperkingsmaatreëls irrasioneel, ongrondwetlik en onregverdig is, kan wildboere ’n sug van verligting slaak.

Te midde van die drama rondom die hofuitspraak van regter Norman Davis in die hooggeregshof in Pretoria dat van die inperkingsmaatreëls irrasioneel, ongrondwetlik en onregverdig is, kan wildboere ’n sug van verligting slaak. 

Hulle mag plaaslike jagters wat vir die pot skiet, nou weer op hul plase ontvang.

Die departement van omgewingsake het vanoggend in ’n brief aan die Wildsforum bevestig dat benuttingsjag nou toegelaat word en dat jagters met permitte van wildboere af oor munisipale, distriks- en provinsiale grense mag reis en in jagkampe mag oorbly vir die jag.

Die departement se brief was in reaksie op ’n e-pos waarin Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) en ander organisasies vra dat die departement aandui of dié organisasies die vlak 3-regulasies van inperking reg vertolk en of jag mag plaasvind.

“Met die regulasies van die departement van omgewingsake wat nog nie afgekondig is nie, staar inhegtenisneming en strafregtelike vervolging wildboere en jagters in die gesig omdat wetstoepassers nog nie ingelig is dat mense mag reis om te jag nie,” sê me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van die WRSA.

“Ons interpretasie is dat jag ’n noodsaaklike aktiwiteit is en toegelaat moet word, dat wildboere permitte mag uitreik sodat jagters oor provinsiale grense mag reis, jag en oorbly in ’n jagkamp op die jagplaas, en dat hulle wildsvleis huis toe mag vervoer.”

In antwoord hierop skryf die departement van omgewingsake die interpretasie is reg en dat mense mag jag vir eie gebruik van die vleis, selfs oor munisipale, distriks- of provinsiale grense heen omdat jag ’n noodsaaklike funksie is.

Permit

Die wildboer moet egter ’n permit aan elke lid van die jaggeselskap uitreik wat die naam van die jagter, die begin- en einddatum van die jagtog, asook die spesies en getalle van diere wat gejag gaan word, aandui.

Jagters mag op die jagplaas in ’n jagkamp oorbly – nie op ’n ander perseel nie – en die grondeienaar moet toesien dat gesondheids- en veiligheidsmaatreëls gehandhaaf word.

Die departement sê hy sal so gou moontlik ’n raamwerk van die permit aan boere beskikbaar stel. Sy sluit haar brief af deur te noem dat dinge kan verander, na gelang van wysigings wat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, binne 14 werksdae ná die hofbevel van 2 Junie moet afkondig.

Kitshoff-Botha sê die wildbedryf het baie hard gewerk om hierdie punt te bereik. Sy sê nog inligting is op die WRSA se webwerf beskikbaar. “Sodra ons ’n raamwerk vir die permit van die departement af kry, sal ons dit beskikbaar maak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.38
-1.0%
Rand - Pond
21.51
-0.6%
Rand - Euro
18.92
-1.0%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,008.00
-0.5%
Palladium
1,623.95
-1.3%
Goud
1,930.05
+0.1%
Silwer
23.74
+0.6%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,254
-0.7%
Alle aandele
80,243
-0.7%
Hulpbronne 10
77,780
-0.1%
Industriële 25
102,730
-1.1%
Finansiële 15
16,252
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Genoeg seer gekry en genoeg alleen die pad gestap is opsoek na iemand om saam my die son te sien sak
Ek is n kreatiewe buite mens wat van alles plaas hou loop liewer kaalvoet en maak elke dag tyd vir die mooi wat God ons wys kyk na die mense wat my lewe saam my deel en is altyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot