AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Korona: Wildboere bly moedig al knyp inperking

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Landbouweekblad argief
Ter illustrasie. Foto: Landbouweekblad argief
Dit gaan broekskeur met die wildbedryf. Me. Ellalien Davey, een van Suid-Afrika se topwildboere sê op hul plaas, Romaco Ranch, is hulle besig om voer op die lande te sny en te baal, maar daar is min sprake van enige ekonomiese aktiwiteit.

Dit gaan broekskeur met die wildbedryf. Me. Ellalien Davey, een van Suid-Afrika se topwildboere sê op hul plaas, Romaco Ranch, is hulle besig om voer op die lande te sny en te baal, maar daar is min sprake van enige ekonomiese aktiwiteit.

“Ons het voor die staat van inperking met ons werkers gepraat en hulle die opsie gebied om eerder op die plaas te bly as om na hul huise in die landelike gebiede te gaan. Omtrent almal het gekies om te bly, hulle voel veiliger hier,” sê Davey. “Ons is dus ’n lekker klomp mense wat almal saamwerk terwyl ons ingeperk is.”

Sy sê onderhoudswerk op die plaas raak moeilik, want mens kan nie noodwendig die nodige onderdele en toerusting koop nie.

Van jag, wat deesdae die wildbedryf se hoofinkomstebron is, is daar nie sprake nie. Talle internasionale jagte is uitgestel of afgelas. Belanghebbendes in die wildbedryf is bekommerd dat daar vanjaar nie internasionale jagters sal kom jag in Suid-Afrika nie. Plaaslike jagters gaan dalk ook minder geld hê om op hul stokperdjie te bestee.

Davey sê wildboere wat wildsvleis produseer, mag wel aangaan met hul aktiwiteite, maar sonder trofeejagters is dit nie altyd die moeite werd om vleis te verkoop nie. Wildsvleis verkoop teen R21/kg tot R24/kg en min boere kan teen daardie pryse wins maak sonder om ook ’n trofee te verkoop. Die vleis, verduidelik Davey, is eintlik maar ’n neweproduk van die jag.

Buffels

Sy sê verkope van lewende wild het tot stilstand gekom omdat beroepsjagters en ondernemers nie wild aankoop nie. Sy is ook bekommerd oor buffels wat voor die staat van inperking gevang en gebloei is om te toets vir TB. Daardie buffels staan nou op hok en mag nie vervoer word nie. Ná ’n kort rukkie verval die status van daardie toets en dan moet dieselfde buffels weer gebloei en getoets word.

Dit kan meebring dat buffels ses tot agt maande op hok staan. “Dit is nie goed vir die bedryf of die diere nie,” sê Davey. Sy is egter dankbaar vir die 21 dae grasie ná die staat van inperking om buffels wat tydens die staat van inperking op hok staan, nog wettig te kan verskuif, as die permitte in daardie tydperk verval. “Om buffels ’n tweede keer te toets, vir uitslae te wag en weer vir drie maande te laat staan voor ons hulle mag verskuif, sal maak dat ons teen verliese verkoop.”

Mnr. Piet Engelbrecht, voorsitter van Agri Limpopo, sê hy is baie bekommerd oor die wildbedryf. “Dit is seker die landboubedryf wat die meeste skade ly as gevolg van die Covid-19-pandemie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot