AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KZN-wildreservaat ‘in veilige hande’

akkreditasie
Die toekoms van die 12 000-hektaar groot-vyf Somkhanda-wildreservaat (Somkhanda) in die Mkuze-ligging van KwaZulu-Natal bly in veilige hande en is nog belowend. Foto: Verskaf deur Wildlands/Widltrust
Die toekoms van die 12 000-hektaar groot-vyf Somkhanda-wildreservaat (Somkhanda) in die Mkuze-ligging van KwaZulu-Natal bly in veilige hande en is nog belowend. Foto: Verskaf deur Wildlands/Widltrust
Die toekoms van die 12 000-hektaar groot-vyf Somkhanda-wildreservaat (Somkhanda) in die Mkuze-ligging van KwaZulu-Natal bly in veilige hande en is nog belowend.

Die Somkhanda-wildreservaat, tuiste van die Vyf Grotes, is nie in gevaar nie. Die reservaat van 12 000 ha by Mkuze is 16 jaar gelede in ’n geslaagde grondeis aan die Gumbi-gemeenskap oorgedra. Sedert die reservaat in 2011 amptelik geproklameer is, word dit gesamentlik bestuur deur die nieregeringsorganisasie Wildlands en die Emvokweni-gemeenskapstrust van die Gumbi-gemeenskap.

Dr. Roelie Kloppers, uitvoerende hoof van Wildlands, sê mense wat “ongegronde gerugte” versprei, verstaan of vertolk veranderinge sedert begin vanjaar in Somkhanda verkeerd.

Hierdie veranderinge sluit in dat die Gumbi-gemeenskap die bestuur en bedrywighede van Somkhanda se toeriste-akkommodasie volledig oorgeneem het nadat dit voorheen deur ’n eksterne kontrakteur bedryf is, en dat ’n nuwe diensverskaffer teen wildstropery aangestel is wat lede van die Gumbi-gemeenskap in diens neem, oplei en bemagtig as veldwagters.

Hy sê ander belangrike planne vir Somkhanda sluit in dat die trust uiteindelik die volledige bewaringsbestuur van sy wildreservaat sal oorneem sodra mnr. Nkosinathi Mbhele, ’n lid van die Gumbi-gemeenskap, sy uitgebreide teoretiese en praktiese opleiding vir die taak voltooi; dat die kommersiële en volhoubare oes, verwerking en bemarking van Somkhanda se oormaat wildsoorte hervat sal word sodra die huidige bek-en-klouseer-uitbreking in KwaZulu-Natal onder beheer is; en die gebruik van finansiering van R12 miljoen van die departement van omgewing, bosbou en visserye se eenheid vir natuurlewe-ekonomie vir die opknapping van heinings, paaie en ander noodsaaklike infrastruktuur.

Kloppers sê Somkhanda bly uniek as ’n reservaat wat deur die gemeenskap besit en bestuur word. Dit word beslis nie bedreig nie en het aansienlike ondersteuning op gemeenskapsvlak en deur skenkers, vennote en vriende.

In ’n onlangse verklaring sê Wildlands danksy hulp van die internasionale unie vir die bewaring van die natuur (IUCN) se Save Our Species African Wildlife-inisiatief kon Somkhanda se eenheid teen wildstropery opgelei word om die Vulcan EarthRanger-stelsel vir moniterings- en patrolleerpligte te gebruik.

Hierdie nuwe slimtegnologie integreer en vertoon alle historiese en intydse data, ruimtelike inligting en bedreigings binne Somkhanda se beskermde gebied op ’n GPS-toegeruste mobiele handtoestel. Danksy die Vulcan EarthRanger-stelsel kan die reservaatbestuurders en veldwagters onmiddellik proaktiewe stappe te doen om bedreigings te voorkom en te verminder.

In die verklaring sê mnr. Meiring Prinsloo, reservaatbestuurder van Somkhanda, die ondersteuning van die IUCN was van deurslaggewende belang om die reservaat se behoud en die voortgesette betaling van die salarisse vir die eenheid teen wildstroping te verseker. Dit het ’n gunstige uitwerking gehad aangesien dit meer as 300 lede van die plaaslike gemeenskap regstreeks ondersteun. Die nuwe tegnologie het ’n groot verskil gemaak in die eenheid se moniteringsvermoë, veral van swartrenosters. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.35
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.42
+0.6%
Silwer
23.27
+0.5%
Palladium
1,919.50
+1.0%
Platinum
1,025.00
+0.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot