Landbouweekblad-leser Gerbie Strydom van Roodepoort het die volgende brief gestuur.
Me. Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, kondig die afgelope naweek aan dat jag vanaf 1 Junie 2020 toegelaat word. Sy verduidelik brandasem dat buitelandse jag steeds nie kan plaasvind nie, maar dat jagplaaseienaars darem vir die res van die jaar hul koffers met sowat R2 miljard uit plaaslike biltongjagte sal kan vul.
’n Hele aantal van my jagkliënte bel sommer al Sondagaand. Hulle wil weet of ek die jagtogte wat ek in afwagting op die verslapping van die Covid-19-inperkings na Julie, Augustus en September verskuif het, nou na Junie kan vervroeg.