Hierdie vierwielmotorfiets, die Linhai T-boss 550 wat deur Smith Power Equipment van China ingevoer word, is met twee- en vierwielaandrywing beskikbaar.
Ekstras kan teen bykomende betaling op die jagvoertuig aangebring word.
Dit sluit geweerrakke, ’n opgestopte dooierusstaaf en ’n skietbank in. Die laaibak kan na agter gekantel word om dit makliker te maak om ’n bok op te laai.