Dink maar net hoe onseker kan ’n mens soms wees as jy byna ’n jaar laas gejag het en ewe skielik weer op ’n bok moet aanlê. Dikwels help daardie paar skote wat jy afgetrek het om die geweer in te skiet dan nie veel nie. Met gereelde oefening kan jy sorg dat jy altyd reg is.
LA Arms in Pretoria verkoop nou ’n geweerrus vir jagters en ander geweereienaars om hul skietkuns te oefen. Die stut staan op drie pote van dik yster en is swaar genoeg om stewig op ’n skiettafel te staan.
Die hoogte word maklik tot op die gewenste hoogte verstel en dan met behulp van sluitmoere daar gehou. Die U-vormige raam waarin die geweer pas, is met materiaal uitgevoer sodat dit nie die geweer krap nie.