
In Namibië het hondsdolheid onder koedoes eers net noord van Windhoek voorgekom, maar dit het nou na die Bostswanagrens en die suide van Namibië versprei.
Die sielkte is so verwoestend dat boere dikwels net ’n paar koedoes oor het nadat die siekte deur die plaas getrek het. Elande kry nou ook hondsdolheid.
Hy het wildboere van Suid-Afrika aangeraai om op die uitkyk te wees, want dit behoort eersdaags oor die grens te versprei. Boere moet hul koedoes voorkomend inent.