AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Staan saam teen ‘absurde regulasies’, vra wildbedryf

akkreditasie
Swartwitpense. Foto: Landbouweekblad argief
Swartwitpense. Foto: Landbouweekblad argief
Jong boere wat aan TLU SA verbind is, is gevra om saam met die wildbedryf te staan teen die departement van omgewingsake se “absurde” regulasies.

“Die departement van omgewingsake se wetgewing en regulasies is deur die bank buite perke en ongrondwetlik,” het dr. Gert Dry, voormalige voorsitter van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), gesê op TLU SA se jongboerkonferensie wat by Modimolle in Limpopo plaasgevind het.

Volgens hom raak die departement se regulasies en wetgewing almal. Hy het die jong boere gevra om hul stem by dié van organisasies soos WRSA te voeg in die stryd teen “absurde” regulasies.

As voorbeeld het hy boere daarop gewys dat Italiaanse raaigras, wat vir voer aangeplant word omdat dit hittestres en suurgrond goed weerstaan, nie meer aangeplant kan word nie sodra die departement se nuutste lys van uitheemse- en indringerspesies in werking tree. “Selfs kweek en kikoejoe is volgens dié lys indringers en mag nie aangeplant word nie.”

Dry het gesê daar lê etlike wetsontwerpe en voorgestelde regulasies op me. Edna Molewa, minister van omgewingsake, se tafel wat dit vir boere, veral wildboere, onmoontlik sal maak om hul besighede te bedryf. Hy skryf die situasie toe aan wat hy ’n beleid van biosentriese bewaring van die departement noem.

Hy het gesê hierdie beleid beskou die mens as indringer en hoegenaamd nie verhewe bo enige ander lewende organisme nie. Die voorstanders van so ’n denkrigting wil glo die wiel terugdraai na ’n tyd voordat daar mense in Suid-Afrika was en die natuur homself gebalanseer het. “Daar word dus wetgewing geskep om namens diere en plante te praat.”

Hy het gesê in die Grondwet word bepaal dat die natuur volhoubaar benut moet word tot voordeel van huidige en toekomstige generasies. Die departement van omgewingsake ignoreer die bepalings van die Grondwet en maak wette en regulasies wat met die standpunte van internasionale bewarings- en omgewingsgroepe strook. “Dit bring onsekerheid oor beleid mee.”

dr. gert dry,
Dr. Gert Dry. Foto: Jasper Raats

Tog suksesvol

Dry het gesê ten spyte van die departement se “ongrondwetlike” beleid het die wildbedryf groot sukses oor die afgelope paar dekades behaal. Suid-Afrika het tussen 10 000 en 11 000 wildboere wat elk gemiddeld 2 700 ha besit waarop omtrent 20 000 miljoen stuks wild aangehou word. “Dit is meer as die nasionale beeskudde van 14 miljoen diere en met wild word hoofsaaklik geboer op marginale grond wat nie geskik is vir enige ander soort landbou nie.”

Hy het gesê daar is maar omtrent 477 swartwitpense in Suid-Afrika se nasionale parke oor teenoor die 15 000 wat deur wildboere besit word. Die departement erken egter nie hierdie diere nie en tel dit nie by wanneer na die bewaringstatus van sulke spesies gekyk word nie. Dit bring mee dat spesies wat volop is op private wildplase en reservate, as bedreigde spesies bestuur word. Dit maak dit dan baie bemoeilik om jag- of vervoerpermitte vir sulke spesies te kry.

Dry sê die enigste oplossing is dat die wildbedryf en sy diere eerder onder die departement van landbou bestuur word, waar daar voorskrifte is wat dieregesondheid en -welstand rig sonder om dit vir boere onmoontlik te maak om hul diere volhoubaar te benut. Tot dan moet die departement van omgewingsake se regulasies een vir een ondersoek en beveg word waar dit die beleid van biosentriese bewaring bo die grondwetlike reg tot volhoubare benutting stel.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot