AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Topwildboer benut alle fasette van sy onderneming

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr Karel Landman en sy seun Wim (links) met die toekenning van Wildboer van die Jaar vir 2022. Foto: Nico van Burick
Mnr Karel Landman en sy seun Wim (links) met die toekenning van Wildboer van die Jaar vir 2022. Foto: Nico van Burick
Pongola-wildreservaat stap vanjaar weg met drie wildtoekennings.

’n Familieboer wat alle fasette van sy private wildreservaat benut om ’n inkomste uit te verdien, is aangewys as Wildbedryf SA (WRSA) se Wildboer van die Jaar vir 2022.

Mnr. Karel Landman, eienaar van die Pongola-wildreservaat in KwaZulu-Natal, is op ’n swierige dinee van WRSA en Mitsubishi in Pretoria as wenner bekroon. Hy het in 1973 op 900 ha met beeste begin boer en oor 20 jaar sy boerdery oorgeskakel van beeste na wild. Hy skryf hul sukses as ’n familie-onderneming toe aan die feit dat dat hulle op al die komponente van ’n private wildreservaat klem lê.

Oor sy toekenning sê hy dit is ’n groot eer, maar hy voel maar half verleë. “Ek verkies om eerder tussen die diere in die bos te wees as op ’n verhoog. Soos almal seker maar het ons wildboerdery begin as ’n jagonderneming, maar namate ons grond bygekoop en ’n groter verskeidenheid diere bygekry het, kon ons ook konsentreer op toerisme. Ook ons slaghuis wat ons met een slagter begin het, het nou ’n personeel van 12 mense.

“Dit alles dra by tot ’n inkomste. Ek het al baie gesê daar is baie makliker maniere om meer geld te maak. Hierdie is harde werk, maar dit is passie en ek werk lekker.”

Die reservaat se grootste inkomste kom steeds uit jag met sowat 800 plaaslike jagters en 25 buitelandse jaggroepe per jaar. By die vleisverwerkingsafdeling word sowat 100 ton vleis per jaar verwerk en dan is daar ook selfsorgbehuising vir vyf groepe en ook behuising vir twee groepe waar etes en ander dienste ingesluit is. Die reservaat grens aan die Jozini-dam en baie toeriste kom ook om tiervis te vang.

Ander wenners

Vir die eerste keer was daar vanjaar ook ’n beoordelaarstoekenning wat gegaan het aan mnr. Warne Rippon en sy vrou, Wendy, van die Buffalo Kloof-wildreservaat in die Oos-Kaap vir die wyse waarop hulle wildspesies soos renosters, olifante, jagluiperds, luiperds en seekoeie hervestig het in ’n gebied waar oorwegend met beeste geboer word.

Die toekenning vir Wildteler van die Jaar het gegaan aan mnr. Barry Badenhorst van die Knapdaar-boerdery, die toekenning vir beste benutting van produkte ook aan Landman, die toekenning vir die beste jagbestemming aan oorlede mnr. Neil Barnard van NB Safaris wat in ’n voertuigbotsing dood is, vir eko-toerisme ook aan Landman, die voorsitterstoekenning vir diens aan die organisasie aan mnr. John Hurter, Oos-Kaapse voorsitter, en die toekenning vir die beste belangegroep het gegaan aan WRSA Naboom in Limpopo.

Wildspesies

In ’n toespraak by die geleentheid het mnr. Gerhard Heyneke, voorsitter van WRSA, gesê wildboerdery in Suid-Afrika is ’n suksesverhaal in die beskerming van wildspesies. In Kenia waar daar sedert 1977 ’n verbod op jag is, was daar verlede jaar net 51 swartwitpense en 15 bastergemsbokke oor. In Suid-Afrika word wildlewe bewaar op ’n skaal wat ongekend is in die meeste ander lande.

“Sedert die 1960’s word wildspesies op wildplase beskerm in so ’n mate dat daar vandag ’n oorvloed is. Plaaslik bestaan daar nie iets soos bedreigde inheemse spesies nie. Die wildspesies op private plase in Suid-Afrika is meer as in enige land in Afrika.”

Hy sê dit is belangrik dat internasionale wildlewe-organisasies erkenning moet gee aan die volhoubare benutting van bioverskeidenheid op Suid-Afrikaanse wildplase. Die lande en mense wat geld bestee om wildlewe te red sonder dat daar ’n waarde aan wild gekoppel word, sal nie die spesies red nie. “Ons het handel nodig, nie skenkings nie. Hoe meer handel gereguleer word, hoe meer word die onwettige mark bevorder.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot