AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vier renosters op private wildsreservaat geskiet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van die anti-stropingseenheid het omstreeks 22:30 aangemeld dat hulle op die renosters afgekom het. Foto: Verskaf
Lede van die anti-stropingseenheid het omstreeks 22:30 aangemeld dat hulle op die renosters afgekom het. Foto: Verskaf
Die eienaar van ’n private wildsreservaat in die Wes-Kaap en sy personeel is getraumatiseerd nadat vier renosters vroeër hierdie week daar geskiet is.

’n Dragtige renosterkoei is een van die vier renosters wat Woensdagaand (8 Desember) op die private wildsreservaat Inverdoorn in die Wes-Kaap deur stropers geskiet is.

Lede van die anti-stropingseenheid het omstreeks 22:30 aangemeld dat hulle op die renosters afgekom het. Twee was reeds dood en die ander twee het later gevrek. ’n Vyfde renoster was vermis. Grootkaliberammunisie is op die toneel gevind. Patrollies op die reservaat is opgeskerp om almal teenwoordig teen die vermoedelik swaar gewapende stropers te beskerm.

Lede van die eenheid het spore begin volg op die reservaat van 10 000 ha, terwyl die reservaat se bestuur, bewaringspanne, wildveeartse en wetstoepassers na die toneel ontbied is.

Die vermiste renoster is teen 02:00 lewend opgespoor met  ’n skietwond in haar gesig. ’n Operasie om haar gesig te herbou word nou as ’n prioriteitsaak oorweeg.

Mnr. Searl Derman, eienaar van Aquila Collection waarvan Inverdoorn deel uitmaak, sê dit is vir hom verskriklik om ná ’n vorige voorval van stroping in die private wildsreservaat Aquila weer so ’n nagmerrie te moet herleef.

Hy sê alles sal in die stryd gewerp word om die skuldiges op te spoor en te verseker dat reg en geregtigheid geskied.  “Ons bied ’n beloning van R100 000 vir enige vertroulike inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van die misdadigers wat soveel hartseer en verlies vir die personeel en bestuur van die reservaat veroorsaak het.”

Dié voorval kon volgens hom nie op ’n slegter tyd gekom het nie aangesien die toerismebedryf en private wildreservate in Suid-Afrika reeds gewurg word deur voortgesette, onregverdige internasionale reisverbiedinge wat reeds daartoe gelei het dat baie reservate hul deure moes sluit, wild uitskot en personeel verminder om te midde van die pandemie kop bo water te hou.

“Daar is nie net ’n maatskaplike koste verbonde aan dié pandemie nie. Wilde diere is die onwetende deelnemers en slagoffers van die pandemie.”

Hoewel Aquila Collection nie die onthoorning van renosters aanmoedig nie, het Inverdoorn reeds sy renosters onthoring en hul horings met sintetiese horings vervang om die risiko van stroping te verminder. Dit het egter nie die stropers ontmoedig nie aangesien een van die gestroopte renosters se horings reeds met ’n horing van veselglas vervang was.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot