AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wildbedryf: Begunstigdes is honger vir transformasie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die biodiversiteitsektor word aangemoedig om ag te slaan op die staat se oproepe tot transformasie.

As Suid-Afrika se biodiversiteitsektor nie ag slaan op die staat se oproepe tot transformasie nie, kan beroepsjagters hulself later in ’n situasie bevind waar hulle nie meer toegang het tot grond om op te jag nie, het mnr. Jonathan Denga, direkteur van biodiversiteitsbestuur en bewaring in Noordwes, op die Custodians of Professional Hunting and Conservation se onlangse jaarvergadering in Johannesburg gewaarsku.

Denga het gesê hy is deeglik bewus van die jagbedryf se bydrae tot die sektor en dat bewaring daarsonder nie so suksesvol sal wees nie. “Ek wil nie ons vuil wasgoed hier voor al ons internasionale gaste kom was nie, maar ons transformasiekwessies moet aangepak word, en beroepsjagters is die mense wat kan help,” het Denga gesê met verskoning aan gaste van die Dallas Safari Club, Safari Club International en die Deense Safari Club.

Hy het gewaarsku dat al hoe meer grond deesdae aan gemeenskappe oorgedra word en dat sulke gemeenskappe deel sal wil hê aan Suid-Afrika se jagbedryf. “Ons wil meer mense van kleur in hierdie bedryf sien en saam moet ons maniere kry om seker te maak ons sluit mense van hierdie gemeenskappe in ons besighede in. Dit is noodsaaklik vir julle almal se toekoms.”

Mnr. Andrew Apane van Wildbedryf SA se transformasiekomitee het gesê daar is ’n magdom begunstigdes van restitusie-eise en grondhervormingsprojekte wat oorgehaal staan om met Suid-Afrika se ervare beroepsjagters te begin saamwerk. “Hierdie mense het jul hulp nodig om die ekonomiese waarde van hul erfenis te ontsluit.”

Hy het ook daarop gewys dat die opkomende sektor in baie opsigte toegang het tot goeie wild uit staatsparke. Daar is dus goeie rede om met begunstigde gemeenskappe vennootskappe te vorm. Sy droom, het hy gesê, is om volgende jaar ’n kongres vir die opkomende wildbedryf aan te bied waar ’n toekenning gemaak word vir die beroepsjagter wat die meeste gedoen het om ’n opkomende wildboerdery te help om ’n volwaardige boerdery te word.

“Ons moet verby die punt kom waar ons van opkomende wildboere praat, maar waar ons na almal as aktiewe belanghebbendes in die wildbedryf verwys.”

Apane het gesê die belangrikste is dat die kommersiële wild-, jag- en biodiversiteitsektor en die nuwe toetreders tot die bedrywe met mekaar praat sonder om aannames oor mekaar se behoeftes en vereistes te maak. “Moenie namens ons dink wat ons nodig het nie en ons sal nie vir julle probeer dink en besluit nie. Kom ons laat ook nie toe dat die regering namens een van ons met die ander een praat nie. Kom ons praat met mekaar en bou saam.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot