Dit kan keer dat veld voldoende herstel en verskillende vlakke van voedingstres onder wildtroppe veroorsaak, het mnre. Declan Hofmeyr en Hercules Nel van die Noordwes-parkeraad gesê op die Suid-Afrikaanse Wildbestuursvereniging (SAWMA) se kongres.
Die afwaartse druk op ingekampte wild kan vererger as die getal wild op die grond verkeerd bestuur word gedurende gemiddelde of bogemiddelde reënseisoene. Wildgetalle kan dan hoër wees as wat die veldreserwes kan onderhou.
Hulle het vertel van ’n 24 000 ha-wildplaas wat gedurende die baie droë seisoen van 2018-’19 – toe reënval die laagste was sedert 1988 – die grootste hoeveelheid grootwild in 20 jaar gedra het. Wat volgende gebeur het, is nog nooit voorheen waargeneem het.