
’n Bekende Limpopo-wildplaas het ’n betrekking vir ’n algemene bestuurder met ’n vergoedingspaket van om en by R1 miljoen per jaar daaraan verbonde.
Moontlike kandidate moet beskik oor ’n sterk agtergrond in wildplaas-bestuur en finansiële administrasie, en ondervinding in saai- en besproeiingsboerdery sal voordelig wees. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur van die plaas.
Die bestuurders van die wildplaas se onderskeie afdelings (intensiewe teling, veldbestuur, sekuriteit, landbou, instandhouding en administrasie) doen verslag aan die algemene bestuurder, wat op sy beurt aan die hoof uitvoerende beampte rapporteer.
Die betrekking se vergoedingspakket sluit verblyf en die gebruik van ’n geskikte plaasvoertuig in, sowel as mediese versekering en ’n pensioenfonds.
Belangstellendes word versoek om hulle CV, insluitend ’n onlangse foto en werkgewer-verwysings, indien beskikbaar, te stuur na gamefarmmanager@gmail.com.