
Vier “lewende legendes” in die Suid-Afrikaanse wynbedryf word beskryf as bedryfsikone deur mnr. Duimpie Bayly, voorsitter van die SA Wynskouvereniging (SANW). Mnre. Gunther Brözel en Spatz Sperling, me. Norma Ratcliffe en dr. Julius Lazslo is tydens ‘n SANW-raadsvergadering vereer met spesiale oorkondes.
Hulle vorm deel van ‘n groep van 28 “legendes” wat diep spore in die wynbedryf getrap het. “Dié mans en vroue is ware bedryfsikone. Sommige van hulle het wêreldklas wyne geskep en ander het die bedryf met hul vissie en passie gelei en gedien.”
12 Januarie 2010