AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Wyn-organisasie kry hoë prys

'n Internasionale publikasie skryf Wines of South Africa is een van die mees invloedryke drankorganisasies met die bewusmaking van die belangrikheid van die omgewing.

'n Voorste internasionale handelspublikasie met 'n globale reikwydte reken Wines of South Africa (Wosa) as een van die wêreld se mees invloedryke drankorganisasies in die bewusmaking van die publiek van die belangrikheid van die omgewing.

Wosa beklee die vyfde plek - net ná die nuwe Amerikaanse president, Barack Obama - op die sogenaamde "Green List" van The Drinks Business, 'n spesialispublikasie gerig op besluitnemers in die drankbedryf wêreldwyd.

Dié lys, wat pas bekend gemaak is, identifiseer die 50 mees invloedryke maatskappye, individue en organisasies in die drankbedryf wat die beskerming van die omgewing 'n voorkeursaak gemaak het deur hul fokus op aspekte soos hernieubare energie, waterbesparing, koolstofbesoedeling en omgewingsvriendelike verpakking.

Die eerste drie plekke op die lys word gevul deur multinasionale reuse in die kleinhandel - Tesco, Carrefour en Wal-Mart, in daardie volgorde.

Die uitvoerende hoof van WOSA, me. Su Birch, het gesê die erkenning van Suid-Afrika se rol in die bevordering van beste praktyk in volhoubare wynproduksie verbeter verder die land se unieke posisionering as 'n produsent van 'n verbluffende verskeidenheid van wyne wat ons ryke biodiversiteit besing en beskerm.

The Drinks Business swaai Wosa lof toe vir sy rol in die vennootskap tussen die wynbedryf en die bewaringsektor wat as die BWI (Biodiversity and Wine Initiative) bekend staan. Die doel daarvan is om verdere verlies van die land se bedreigde natuurlike habitat tot die minimum te beperk.

"In minder as vier jaar het plaaslike wynprodusente, onder leiding van die BWI, 112 550 ha vir langtermyn-bewaring opsy gesit. Dit is meer as die totale nasionale wingerd van 102 000 ha - en nuwe lede kom deurlopend by en verbind hulle tot die bewaring van verdere gebiede," het Birch gesê.

23 Januarie 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot