
Aandeelhouers in Kaap Agri sal nou 10 sent meer per aandeel van Zeder Beleggings ontvang. Dié landboubeleggingsmaatskappy sê aandeelhouers wat vroeër hul aanbod aanvaar het sal outomaties die verhoogde prys van 635 sent per aandeel ontvang.
Zeder het dié aankondiging vandeesweek gemaak, maar het nie redes vir die verhoogde aanbod gegee nie. “Ons wil seker maak dat ons 35 % van Kaap Agri kry,” sê mnr. Antonie Jacobs, Zeder se hoof uitvoerende beampte.
Voor die aanbod het Zeder ‘n 34,3 %-aandeel in kaap Agri besit.
Bron:
12 Augustus 2009