AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Besproeiing - SA boer se waterslimplan trek wêreldwyd aandag

akkreditasie
Mnr. Louis Loubser by sy uitvindsel, die Tree Hog, in ’n nuwe sitrusaanplanting op die plaas. Hy wys hoe ’n klein gebied met die Tree Hog besproei word. Dit beperk onkruidgroei. Foto: Lucille Botha
Mnr. Louis Loubser by sy uitvindsel, die Tree Hog, in ’n nuwe sitrusaanplanting op die plaas. Hy wys hoe ’n klein gebied met die Tree Hog besproei word. Dit beperk onkruidgroei. Foto: Lucille Botha
’n Eenvoudige potplant het mnr. Louis Loubser, ’n vrugte-en-wynboer van Robertson, laat dink aan maniere om doeltreffender te besproei.

Die resultaat is die Tree Hog, ’n plastiekomhulsel waarmee besproeiingstyd met tot 62% verkort word. Boonop groei die bome beter.

Wanneer die mikrobesproeiingstelsel in ’n jong sitrusboord op die plaas Vinefera by Robertson aangeskakel word, klink dit soos die gezoem van ’n reuse-swerm bye. Dit is omdat elke mikrospuitjie teen die wande van ’n Tree Hog, ’n veelkantige, swart plastiekhouer, spuit. Dit konsentreer die water om die boom se stam pleks van om dit oor ’n groot oppervlakte te versprei. 

Mnr. Louis Loubser glimlag opgewonde oor dié gezoem. Dit span immers die kroon op sy harde werk oor maande om die Tree Hog te ontwerp en te ontwikkel. Dié werk werp nou vrugte af danksy internasionale belangstelling in sy waterslim patent wat tot 62% water en elektrisiteit bespaar en onkruidbestryding vergemaklik.

Die beginsel is eenvoudig: Die Tree Hog beperk verdamping en besproei oor ’n beperkte gebied. Dit is byna soos om die voordele van mikro- én drupbesproeiing saam te vat deur ’n groter volume water in ’n korter tyd toe dien. “Dit is soos ’n groot drup-voetspoor,” verduidelik Louis.

Om dit te demonstreer, laat loop hy die mikrobesproeiingstelsel 20 minute lank. Daarna haal hy die Tree Hog af en begin met sy hande in die grond grou. Die grond om die stam is ten minste 260 mm diep deurnat – sonder dat daar nog tyd was vir afsak.

Die blok langsaan – ook jong bome, maar sonder Tree Hogs – kom volgende aan die beurt. Ná 20 minute is daar ’n groot, nat kol onder die boom, maar as Louis begin grawe, is die grond net sowat 25 mm diep nat.

“My proewe het gewys met die Tree Hog is die verdampingsfaktor laer, daar groei nie onkruid om die stam wat meeding om water nie en die bome se blaredak ontwikkel vinniger en meer eenvormig. Ek het egter regtig opgewonde geraak toe ek sien ek kry hierdie resultate deur net een uur per week te besproei, teenoor die ses uur wat nodig is sonder ’n Tree Hog. Dit is ’n besparing van 62%,” sê hy opgewonde oor die proewe wat hy al langer as ’n jaar doen.

Die groeiverskille tussen ’n boom sonder ’n Tree Hog (links) en een met ’n Tree Hog ná sowat vier maande.

Nood leer bid

Die Tree Hog se verhaal het op 19 Desember 2015 begin toe die kanaal waaruit Louis sy perskes in die spitstyd besproei, gebreek het.

“Dit was ’n taamlik moeilike situasie,” vertel hy oor die tawwe besluit wat hy moes neem om 40% van sy wingerd se besproeiing te besnoei sodat die perskeboorde en jong aanplantings nie watergebrek ly nie. Hy het aanhoudend planne gemaak om meer te haal uit die bietjie water wat beskikbaar was – van tydelike riwwe tot swart plastiekseile op die grond.

“My vrou en my ma het die boodskap gekry dat geen water vir die tuine gebruik mag word nie, maar my ma koop toe wraggies ’n boom in ’n pot.”

Sonder om vir Marina (sy ma) te sê, het Louis die plastiekpot gevat en met ’n slypmasjien (grinder) ’n gat in die bodem gesny en die pot teen die kant oopgesny.

“Ek het ’n mikrospuitjie in die pot gesit en tien minute lank tyd gehou, waarna ek gesien het die pot versamel die water op ’n klein oppervlakte, al was die waterverspreiding binnekant ’n bietjie mal weens die vreemde hoeke.”

Louis het besef hy’t ’n manier beet om water te konsentreer op die gebied waar dit die nodigste is, maar hy sou die omhulsel se hoeke moes regkry om die water te “breek” sodat dit nie net teen die wande afloop nie.

Google en YouTube was sy volgende aanklopplek, waar hy soveel moontlik oor plastiek begin leer het. Hy het plastiekvelle aangekoop en met plastiekkabels en ’n gomgeweer sy eerste pot begin bou. Sy buurman, die “praktiese, eerlike en tegniese” mnr. Lieb Swiegers van La Colline, het kom hand bysit.

“Ons het ure daar gestaan en ’n voetpad om die boks geloop soos ons dit bestudeer en beredeneer het. Lieb-hulle het ’n groot verskeidenheid vrugtebome en sy kennis oor die kultivars en aanplantings was dus van baie hulp. Later het ons kartonbokse gebruik, want die plastiek was duur. My vrou wou mal raak, want al wat ek gedoen het, was om by die tafel te sit en prentjies te teken.”

Toe die hoeke ontsyfer is, het hulle onder bome begin eksperimenteer oor die ideale afmetings op die grond en die hoogte van die Tree Hog. “Ek het by verskeie plase skelm stilgehou en dit om ’n boom gaan sit om te kyk of dit kan werk.”

Die algemene plantafstande het hom laat besef die Tree Hog moet reghoekig (500 mm x 600 mm) wees sodat daar altyd twee langs mekaar kan inpas, ongeag of die bome 1 m of 1,2 m uit mekaar geplant is.

Patente en produksie

Uiteindelik was hy tevrede en kon die lang (en duur) proses van patentering begin.  Regsgeleerdes by ENSafrica (Edward Nathan Sonnenbergs) het hom daarmee bygestaan.

“Die produk moes in die landbougroep geregistreer word en toe verder onder vier verskillende klassifikasies.”

Intussen het mnr. Retief Krige, ’n nywerheidstekenaar van Stellenbosch, aan Louis se ontwerp begin werk en dit selfs doeltreffender gemaak.

“Ons het besef ons moet aan boere opsies gee, soos dat dit geskik is vir mikro- en drupbesproeiing. Dit moes ook eenvoudig genoeg wees sodat werkers nie daarmee sukkel nie. Ons moes ook dink hoe dit op palette gaan pas en op mekaar gestapel kan word. Ons het ook aanpassings aan die spuitmeganisme gemaak.”

Louis is China toe om saam met mnr.Way Law, ’n projekbestuurder, die gereedskap te laat bou waarmee die Tree Hogs in mnr. Tom du Toit van QTec Moulding se fabriek in Brackenfell vervaardig kon word. Tom werk hoofsaaklik in die motorbedryf en het die geskikte inspuitgietvormmasjien om die omhulsels van polipropileenplastiek te vervaardig. 

Dit is maklik om die Tree Hog om ’n boomstam te plaas. Dit het ruimte van tot 160 mm in deursnee vir ’n jonger stam en kan tot 260 mm vergroot word vir ’n dikker stam. Foto: Lucille Botha

Plaasproewe

Sedert die Tree Hog aan die bedryf bekend gestel is, het dit behoorlik vlamgevat. Louis het al demonstrasies op talle plekke, soos Citrusdal en die Sandveld, gaan doen. Dit het ook internasionale vrugte-ondernemings se aandag getrek (lees die kassie “Belangrike vennote maak deure oop” op bl. 37).

Dr. Elmi Lotze van die Universiteit Stellenbosch doen tans proewe met die Tree Hog en dr. Carmen Jarmain lê die data vas met satellietfoto’s (Fruitlook). Vir Louis se eie proewe op die buurplaas La Colline het hy vogmeters binne en buite die Tree Hog geplaas.

“Op Robertson kry ons gereeld in die somer laatmiddag wind. Deur die dag is hier ook dikwels ’n bries. Wind speel ’n rol in die waterverspreiding, maar met die Tree Hog is wind en verdamping nie meer ’n faktor nie. Ons kan ook sien die voedingstowwe en water kom by die wortels uit. In November en Desember het ons geen stres by die bome gesien nie. Al was dit warm en het die wind gewaai, het die grond die vog behou.”

Die mikrospuit sit binne-in die Tree Hog. Die water spuit dan teen die hoeke van die omhulsel, wat keer dat daar oor ’n té wye deel natgemaak word. Foto: Lucille Botha
Die meganisme waaraan die mikrospuit geheg en binne die Tree Hog vasgeknip word. Foto: Lucille Botha

Met mikrospuitjies, wat oor ’n groterige oppervlakte water gooi, besorg onkruidbestryding op die bankies boere hoofbrekens.

“Dit beteken onkruidbestryding moet chemies gedoen word. Ons almal weet die uitvoermarkte wil al hoe minder chemiese middels hê. Dit is in elk geval beter vir mikro-organismes in die grond as minder chemiese middels gebruik word. Met die Tree Hog groei daar nie onkruid in die houer nie. Buite-om kom seisoenale onkruid voor, maar dit ding nie met die boom mee nie.”

Vir kultivars wat gevoelig is vir water wat regstreeks op die stam spuit, is daar ’n plaatjie-meganisme wat voor die spuitjie ingeskuif kan word en sorg dat die water sowat 15 ° verby die stam spuit.

Louis glo ook die Tree Hog help om die grondtemperatuur gunstiger te maak vir wortelontwikkeling. Boonop, sê hy, plantwortels ontwikkel volgens die manier waarop daar besproei word.

“Die Tree Hog skep nie ’n potplanteffek nie. Die water versprei ondergronds wyer as die afmetings van die Tree Hog. Ons kon wortels van tot 700 mm lank meet, wat buite die afmetings van die Tree Hog val.”

Danksy ventilasiegate ontstaan ’n “kweekhuiseffek” ook nie in die Tree Hog nie. Siektes, soos Phytophtora, is dus nie ’n bedreiging nie, sê hy.

Louis het ook agtergekom die boom- en wortelontwikkeling is beter as by bome sonder Tree Hogs. In een van sy proewe het hy op 19 September bome se mates geneem. Dit is op 13 Januarie herhaal. Die bome wat nie Tree Hogs gehad het nie, het in dié tyd 120 mm gegroei. Die stamdikte het met 12 mm toegeneem. Horisontale wortels het sowat 200 mm gegroei. Daarteenoor het die bome met Tree Hogs 410 mm gegroei, die stamdikte het met 14 mm toegeneem en die horisontale wortels het met 500 mm gegroei.  (Sien die grafika op bl. 37.)

“Ons het in ’n pruimblok gesien dat die bome ‘haasbek’ begin blom, maar die bome met Tree Hogs het op een slag geblom. Dit het ’n invloed op jou vruggrootte en spuitkoste.”

Koste

’n Tree Hog kos R67,26 (BTW en aflewering in Suid-Afrika ingesluit). Dit kan ’n boer sowat R40 000/ha uit die sak jaag na gelang van sy plantwydte. “Hy moet dié koste egter oor vyf jaar tot tien jaar beskou, want hy gaan minder onkruiddoder nodig hê, die probleem van mikrospuite wat omval of afgetrap word, is iets van die verlede, kunsmistoediening sal verminder en sy bome gaan moontlik vroeër in drag kom.”

Pleks van om nog water te koop, kan die Tree Hog ’n boer help om in meer boorde te belê, sê Louis.

“Die Tree Hog is nie die laaste produk wat ek gaan ontwikkel nie. Ek streef na tegnologie wat boerdery vooruit kan neem.” 

Belangrike vennote maak deure oop

Die Engelse vrugte-onderneming Primafruit UK en Barloworld Agriculture het kennis geneem van mnr. Louis Loubser se Tree Hog, wat belangrike deure vir die produk oopgemaak het.

Primafruit het Louis met die internasionale patentreg gehelp en skep ook bewusmaking van die Tree Hog onder sy internasionale boere. Daar sal byvoorbeeld binnekort Tree Hogs op ’n tafeldruiweplaas in Egipte staan.

Primafruit het ook vyf plase geïden-tifiseer (drie in Suid-Afrika, een in Spanje en een in Peru) aan wie hy Tree Hogs gaan verskaf.

Temo Parts, ’n afdeling van Barlo-world Agriculture wat onderdele aan die landboumark verskaf, sal die bemarking, verkope en verspreiding van die Tree Hog in Suid-Afrika en sekere ander lande behartig.

“Die maatskappy se nasionale handelaarsnetwerk en logistieke infrastruktuur sal goeie produksteun help verseker,” sê Louis.

Navrae: Vir tegnieseinligting: Mnr. Louis Loubser, e-pos: louis@treehog.co.za. Vir verspreiding: Mnr. Janus Weir van TemoParts, e-pos: jweir@bwagri.co.za.

Dié boereplan het in die 24 Maart 2017 uitgawe van Landbouweekblad as GWK se innoveringartikel van die week verskyn.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.0%
Rand - Pond
22.31
-0.0%
Rand - Euro
19.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
967.86
+0.8%
Palladium
1,443.22
+1.9%
Goud
1,961.78
-0.1%
Silwer
23.39
+0.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot