AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Boereplan: Bye as sekuriteitswagte?

akkreditasie
Die staalraam wat die Browns gebou het om die sonpaneel te beskerm, saam met die betonbyekorf.
Die staalraam wat die Browns gebou het om die sonpaneel te beskerm, saam met die betonbyekorf.
Sonpanele is dikwels ’n groot versoeking vir plattelandse diewe. Sonder om ’n sekuriteitsmaatskappy aan te stel om sy ouers se gasteplaas naby Magaliesburg teen diefstal te beskerm, het mnr. Ivan Brown met ’n plan vorendag gekom om bye as sekerheidswagte te gebruik.

Moenie die waarde van ’n goeie grap onderskat nie. Die saadjie wat met ’n grap geplant is, het eindelik ontwikkel in ’n onfeilbare plan om ’n byekorf reg langs ’n sonpaneel te installeer sodat enige peuterwerk aan ’n raamwerk die bye versteur.

Die byeboer-entrepreneur mnr. Ivan Brown vertel dat sy pa grappenderwys gesê het hy moet een van sy betonkorwe vol bye aan die staalrame rondom die sonpanele op die plaas vassweis nadat hulle onder diefstal deurgeloop het.

“Ons het toe mooi daaroor gaan dink en besef dit is eintlik ’n briljante plan. As die diewe probeer om die panele te beweeg of om die rame te probeer sny, sal hulle die bye steur, wat dan uitkom om die diewe te verjaag.”

Hy het toe in November een van sy byekorwe saam met ’n kragopwekker en sweismasjien na die sonpanele geneem en die twee is nou “vir ewig aan mekaar gesweis”.

Brown het aanvanklik ook die byekorwe ontwerp om die diefstal van die korwe en die heuning daarin te keer. Hy het ook ’n staalstaander saam met die korwe ontwerp wat in die korwe vasgesit kan word om te voorkom dat diewe die staal vir skrootmateriaal steel.

In Landbouweekblad van 5 Oktober is Brown, eienaar van die byekorfbesigheid Beegin, se boereplan uiteengesit (“Betonhuise vir bye maak kleinboere se lewe maklik”). Ná die plasing daarvan is hy oorval deur navrae.

Die Browns se eie, private sekuriteitsmag.
’n Werker sweis die twee staalrame aan mekaar vas.

Plan B werk

Die sonkrag op die plaas word gebruik vir boorgate en vir die selfsorgbosverblyf. Volgens Ivan het hy en sy pa aanvanklik ’n dik staalraam om die panele gebou wat hulle in ’n betonfondasie ingebou het.

“Ondanks die plan het diewe steeds probeer om die panele te steel. In die proses om die staalrame en panele te steel, het hulle boonop die panele se glasbedekking gebreek.”

Volgens Brown is die korwe nog nie lank só vasgesweis nie, maar sedertdien was daar nog geen hernude poging om die panele te steel nie.

Reaksie van reg oor wêreld

Ivan hou onder meer 20 byekorwe op die plaas aan vir die produksie van heuning en heuningprodukte. Hy het sy liefde vir bye van sy ma geërf wat met makadamias geboer het.

Hy sê hoewel houtkorwe ook sal kan werk, aangesien die bye dan steeds die sekuriteitswerk kan doen, is daar een minder uitdaging vir die diewe om te oorkom. Volgens Brown is die houtkorwe baie ligter en sal die houtkorwe ook maklik met ’n koevoet van die staalraam weggebreek kan word.

Mnr. Ivan Brown
Hulle het die twee staalrame op twee plekke met dubbele staalstawe aan mekaar vasgesweis.

Brown het sy eie onderneming, Beegin, begin waardeur hy betonkorwe en gietvorms verkoop. Brown het met die idee vorendag gekom toe hy ’n oplossing vir sy meestersgraad in nywerheidsontwerp aan die Universiteit van Johannesburg gesoek het waardeur hy die lewe van kleinboere wou verbeter.

Kleinboere in veral stedelike gebiede moet probleme, soos diefstal, vandalisme, brande, plae, siektes en onderhoudskoste, oorkom. Dit is toe dat Brown met die ontwerp vorendag gekom het vir sy liggewig betonkorwe en gietvorms.

Die betonkorwe bied groter beskerming, is beter geïsoleer, vuurvas, bestand teen ratels, vandale en diewe, en is duursamer as gewone houtkorwe. Voorlopige veldtoetse toon ook heuningproduksie in betonkorwe kan met 200% tot 300% toeneem vergeleke met houtkorwe.

Ivan het sowat ’n jaar gelede begin om die betonkorwe en gietvorms te verkoop. Volgens hom kry hy navrae van oor die hele wêreld – in dié stadium 40 verskillende lande – wat veral in die gietvorms geïnteresseerd is. “Mense van Kanada, Suid-Amerika, Australië, Suid-oos-Asië en Europa en Afrika wil graag hierdie gietvorms gebruik om hul byeboerdery te bedryf.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
+0.4%
Rand - Pond
21.92
+0.7%
Rand - Euro
19.26
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Platinum
990.84
+1.0%
Palladium
1,477.97
+0.0%
Goud
1,975.91
-0.2%
Silwer
24.01
+0.4%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Groot beer met n sagte hart
Ek is n sagte mens en respekteer n vrou, ek is baie romanties en hou van spoil. Ek is loyal teenoor my regte pasmaat
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot