AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Boereplan dra boer deur droogte

akkreditasie
Mnr. MiChris Janse van Rensburg lei boere op sy kunsmistoedieners te gebruik. Foto: Lianne Ashton/GraanSA
Mnr. MiChris Janse van Rensburg lei boere op sy kunsmistoedieners te gebruik. Foto: Lianne Ashton/GraanSA
Danksy ’n paar groot projekte om toerusting vir kleinboere te vervaardig, kon een boer in die distrik Bultfontein vanjaar sy planter in die skuur laat staan en boonop vir 30 mense werk verskaf.

“Dit is ’n lekker trotse storie om te kan vertel,” sê mnr. Michris Janse van Rensburg, die brein agter en eienaar van Backsaver-plaastoerusting, wat onder meer kunsmistoedieners en minimumbewerkingplanters vir kleinboere ontwerp en verkoop.

Janse van Rensburg is een van die verskaffers wat toerusting en produksiemiddele verskaf aan Graan SA se kommunale projek in die Oos-Kaap. Ander verskaffers is Kynoch, Monsanto, SA Kalk en Gips, Villa Crop Protection en Syngenta.

“Michris se kunsmistoediener vorm deel van ons projek om die bestaansboere in die Oos-Kaap se kommunale gebiede selfonderhoudend te kry,” sê mnr. Luke Collier, bestuurder van Graan SA se streekkantoor op Kokstad. Die projek word met die samewerking van die Jobs Fund van die Tesourie bedryf. Tans word 7 500 ha van ongeveer 5 000 boere beplant.

Só leer bestaansboere

Collier verduidelik dat elke kleinboer ongeveer R3 500 van die R7 300 insetkoste per ha betaal, met die res van die bedrag wat deur die projek betaal word. Graan SA werf dan insette en toerusting op kommersiële standaard, soos bastersaad, chemikalieë, kunsmis en toedieningstoerusting, asook kontrakteurs vir grondbewerking, om te plant en te oes vir die boere.

Hy sê die boere gebruik self die toerusting wat deur Janse van Rensburg gemaak word en leer dan só om self, saam met hul mentors, in die lande daarmee te werk. Die boere ontvang ook praktiese en teoretiese opleiding regdeur die groeityd.

“Die boere volg prosesse soortgelyk aan kommersiële boere tot met oestyd,” sê Collier. “Die boere sal dus op hul eie bene kan staan wanneer die projek, wat vyf jaar sal duur, afgehandel is.”

Van die boere toets hulle kunsmistoedieners. Foto: Lianne Ashton/Graan SA
Janse van Rensburg verduidelik die werking van die kunsmistoediener. Foto: Lianne Ashton/Graan SA
Janse van Rensburg wys aan die boere hoe om verstellings te maak aan sy kunsmistoediener. Foto: Lianne Ashton/GraanSA

Strooi kunsmis

Janse van Rensburg sê die kunsmistoedieners kan “die vinnigste en doeltreffendste waarde toevoeg vir die boere”.

“Kunsmistoeding met die hand is ’n groot probleem vir die kleinboere, want elke ou se handgrootte en loopspoed verskil en die mentors kry dit nie eens reg nie.”

Collier sê die kunsmistoediener bespaar baie tyd vir die kleinboere, omdat van hulle kunsmis met ’n teelepel strooi, wat baie moeilik is in die lande waar die minimum plantestand 30 000 mielieplante per hektaar is.

“Dit kon maklik twee tot drie dae duur. Met die kunsmistoediener duur dit slegs ’n paar uur.”

Dankbare uitkoms

Janse van Rensburg, wat naby Bultfontein boer, sê hy het weens die droogte in dié distrik nie vanjaar geplant nie, en hy is dankbaar dat hy danksy die projek dié besluit kon neem, “anders was ek dalk onderdeur.”

Hy kon ook aan nagenoeg 30 mense werk verskaf oor die feestyd en ook ekstra werk aan ander ondernemings op die dorp bied wat vir hom onderdele vervaardig het. Hy het altesaam 326 kunsmistoedieners vir die projek vervaardig.

Collier sê hulle beoog om met die verloop van die res van die projek kunsmistoedieners aan al Graan SA se bestaansboere in die Oos-Kaap te verskaf. Hulle beoog ook om met die samewerking van Janse van Rensburg vir die boere ’n mikrosproeier te ontwerp en te vervaardig.

Die toedieners sal eers by Kokstad getoets word, voordat besluit sal word om dit na die res van die Oos-Kaap te versprei.

Graan SA doen goeie werk

Janse van Rensburg sê vir hom as kommersiële boer is dit verblydend om te sien dat die bedrag wat jaarliks van sy graaninkomste vir Graan SA afgetrek word, goed aangewend word.

“Die mielies onder die projek lyk werklik mooi. Ek kan sê hulle mors nie met ons geld nie.”

Janse van Rensburg het ook bestellings ontvang vir ’n projek in Uganda en ’n projek wat deur ’n Duitse groep in die Caprivistrook in Namibië behartig word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
985.84
+1.8%
Palladium
1,477.59
+2.0%
Goud
1,981.85
+0.1%
Silwer
23.85
-0.3%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Lewe asof more nie bestaan nie
Eerlik. Vol liefde. Gemaklik mens. Ek is positief en vrolik. Vriende beskryf my as 'n sonstraal. Goeie sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot