Sy gesukkel om die welige veldgroei op sy plaaswerf tydens die gunstige sommerreën te tem, het mnr. Michris Janse van Rensburg genoop om (nóg) ’n plan te beraam. Nou werk sy veldsnyer met ’n koppelstuk met drie roterende lemme, wat dit onmiddellik ’n hoëroktaanwerking gee.
Janse van Rensburg is ’n vernuftige planmaker van die distrik Bultfontein wie se planne al tot in Midde-Afrika veral kleinboere se lewe vermaklik. “Daar is plekke op ’n werf waar jy nie met ’n grassnyer of met ’n trekkeraangedrewe bossiekapper kan bykom nie,” sê hy.
In Michris se geval het hy ’n Chinese veldsnyer (brush cutter) gebruik wat met ’n nylonsnytou toegerus is. Daar is verskeie van dié petrolaangedrewe toestelle in Suid-Afrika beskikbaar waarvan die pryse van die verskillende fabrikate van meer as R2 000 tot R5 000 wissel.