Dié besonderse hark is die eerste in sy soort. Dit spruit voort uit die probleem met al die skerp stokkies in ’n boord nadat dit gesnoei is, en wat onder meer pap bande veroorsaak wanneer plaaswerktuie daaroor ry.
Myburgh sê ’n mens kan die stokkies nie net wegskraap nie, want daar is gewoonlik te veel gras onder die bome wat dit moeilik maak. Dit is ook te duur om die stokkies in die grond in te werk.
Met die stokkieshark se tolle met fyn vingers wat teen die regte hoek in die rondte draai, kan die stokkies tussen die gras bymekaargehark en onder die bome gebruik word om die grond naby die stamme te bedek.