Om twee keer per week ’n ton kragvoer vir Dormerskape te meng, was ’n rugknaktaak op die plaas Sanctuary naby Cradock.
Mnr. Erich Cloete, wat al boereplanne ván ’n snyroller tot ’n maklike onkruidbestrydingsplan met plastiekseile bedink het, sê dié tydrowende taak en hoë arbeidskoste het hom gedwing om ’n kragvoermenger te ontwerp en te bou wat die taak nou binne 10 minute kan afhandel.
Volgens Cloete het hy self die planne vir die menger opgestel. “Ek het maar met my oë gesteel soos ek rondbeweeg het.”