AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Dié plan is brandstofdiewe se moses

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Betaal is die wet van Transvaal… ’n T-vormige staalraamwerk met penne op die voetstuk kan om ’n wiel van ’n voertuig ingeskuif word, en word eers verwyder as die bestuurder betaal het. Dié plan van mnr. Michris Janse van Rensburg is gebore nadat hy een te veel video gesien het van ontduikers wat laat spaander nadat hulle brandstof ingegooi het. Foto: Verskaf
Betaal is die wet van Transvaal… ’n T-vormige staalraamwerk met penne op die voetstuk kan om ’n wiel van ’n voertuig ingeskuif word, en word eers verwyder as die bestuurder betaal het. Dié plan van mnr. Michris Janse van Rensburg is gebore nadat hy een te veel video gesien het van ontduikers wat laat spaander nadat hulle brandstof ingegooi het. Foto: Verskaf
Boereplanveteraan Michris Janse van Rensburg het raad teen skelms wat voete maak by vulstasies voor die betaalslag.

Met ’n brandstofprys sonder brieke is daar ook al meer berigte van skelms wat voete maak by vulstasies voor die betaalslag. Twee diefstalvideo’s op Facebook was genoeg om die Bultfontein-boereplanveteraan Michris Janse van Rensburg terug te kry by die sweismasjien. 

Deesdae kluister die administrasie en bemarking van sy besigheid hom omtrent 80% van sy werksdag aan die kantoor. Die bestellings uit Afrika vir sy patente gemik op die kleinboer rol in. 

Sy sluittoestelplan om die vermeende brandstofdiewe te stuit is ’n T-vormige raamwerk wat om een van die bande gesit word om ’n voertuig te “hok” tot na die betaalslag. 

Dit is van U-yster gemaak en bestaan uit ’n U-vorige voetstuk met twee penne weerskante van elke uitsteekpunt wat knus om die wiel pas. Aan die regop staaf waarmee dit rondgeskuif word, is plek vir ’n “vlaggie” waaraan ’n gevaarteken aangebring kan word, wat die motoris waarsku dat ontduikers van die peperduur brandstof geen genade kan verwag nie. 

“Ek het dit sommer gemaak van yster wat in my fabriek rondstaan. Omdat my tyd vir maak deesdae min is, was dit lekker om ’n slag weer iets aanmekaar te sweis.”  

Gepols oor hoe sy planmakerkop werk, sê hy hy slaap byna nooit. “My beste dinktyd is tussen twee- en vyfuur in die oggend, want ek het dan niks anders om te doen nie! Dit is dalk ’n soort siekte, want om ’n kreatiewe brein te hê, is nie altyd maklik nie. Soms voel dit of jou kop wil bars. Deur die jare, en soos mense my vra vir oplossings, het dit ál makliker geraak om ’n geleentheid raak te sien.”

Janse van Rensburg sê hy teken niks vooraf nie. “Ek het die gawe ontwikkel om alles haarfyn te visualiseer – van die maakproses tot die toepassing – en as ek tevrede is dat dit gaan werk, begin ek eers bou.” 

“Eintlik is dit ’n lawwe plan – ek het nog nie verkoop nie, maar ek het ’n navraag gekry. Dit is eintlik jammer, maar mens moet al meer in die rigting dink van misdaadbestryding. Die meeste garage-eienaars het seker ’n sweismasjien, en hulle kan dit sommer self gou bou.” 

Die “moeder van alle inperkingsplanne” was sy seun, Jedri, se handreinigervoetpompe wat reg aan die begin van die streng inperking gestalte gekry het. “Maar die draadtrekker, wat ons ook uit nood gebou het om gedurende die inperking aan die lewe te bly, het een my beste verkopers nóg geword. Die mark het nog nooit versadig geraak nie en ons bou byna elke dag een.” Lees op Landbou.com meer oor dié draadspantoestel, wat ook voorop ’n vorige uitgawe van Boereplanne verskyn het. 

Al is dit ’n “lawwe plan”, glo Janse van Rensburg dit is ’n stap in die regte rigting. “Vir ’n desperate petroljoggie wat onder geweldige druk werk en oor wie se kop die swaard van niebetalers hang, kan dit darem ’n bietjie meer sekerheid gee.”

Intussen werk sy onrustige kop oortyd, veral in die rigting van misdaadbestryding. “Die boereplanne van die toekoms gaan wees om kabeldiefstal, motordiefstal, boorgat- en spilpuntonderdele te fnuik. Watter boereplan gaan transitorowers keer? Ek sien al hoe ’n mens ’n graad gaan kry in misdaadvoorkoming in Suid-Afrika.”

Skryf jou boereplan in vir die volgende Nampo van 16 tot 20 Mei. Klik hier vir die inskryfvorm en meer inligting. 


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.23
+1.6%
Rand - Pond
22.40
+1.1%
Rand - Euro
19.86
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.26
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.47
+1.4%
Palladium
1,445.40
+2.8%
Goud
1,968.26
+1.4%
Silwer
23.00
+2.7%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot