AFGRI
BEAN
30 Me
-
9677
0,00
CORN
30 Me
-
4666
0,00
SOYA
30 Me
-
7815
0,00
SUNS
30 Me
-
8200
0,00
WEAT
30 Me
-
6604
0,00
WMAZ
30 Me
-
3637
0,00
YMAZ
30 Me
-
3765
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Geen ledige oomblik vir dié oesmasjiene

akkreditasie
Ses oesmasjiene in aksie in een van Van Loveren se Pinotage-wingerde in die distrik Robertson. Vier van hierdie masjiene behoort aan Sakkie van Zyl-kontrakteurs, terwyl die Van Loveren-groep twee besit. Foto:  Chrislene  Retief
Ses oesmasjiene in aksie in een van Van Loveren se Pinotage-wingerde in die distrik Robertson. Vier van hierdie masjiene behoort aan Sakkie van Zyl-kontrakteurs, terwyl die Van Loveren-groep twee besit. Foto: Chrislene Retief
Parstyd in die Boland (en Noord-Kaap) verloop klokslag danksy die gesamentlike benutting van oesmasjiene oor vertakkings heen — van druiwe tot bessies.

Dit is lank voor sonop en die reuk van gekneusde druiwe en blare hang swaar in die lug op die plaas Buitensorg in die distrik Robertson. Vier oesmasjiene oes al van 04:00 af Pinotage-druiwe in een van die Van Loveren-groep se wingerdblokke – twee behoort aan Sakkie van Zyl-kontrakteurs en die ander twee aan Van Loveren.

Net die vorige week het ses masjiene in een van die blokke geoes, met nog twee van die Van Zyls se werktuie wat gehelp het om die druiwe vinniger by die kelder te kry. Dit is veral wit druiwe wat so koel as moontlik moet wees met lewering, vertel mnr. Louhan van Zyl. “Deur selfs al van middernag af te begin oes, beperk die boerdery ook sy koolstofspoor, want dan is minder krag nodig om die druiwe by die kelder af te koel.”

Hy en sy pa, Sakkie, het vanjaar vir die eerste keer ses oesmasjiene wat in wingerde naby Robertson, Stellenbosch, die Paarl en Upington loop. Vier is New Holland 9060 L-oesmasjiene en twee is 9090 X-modelle.

Vier oesmasjiene oes teen sonop druiwe in ’n Pinotage- wingerd op Van Loveren se plaas Buitensorg in die distrik Robertson. Foto: Alani Janeke

Nood leer bid

Sakkie bestuur die oesonderneming al 15 jaar lank. Louhan het verlede jaar heeltyds daarby en ook by hul braamboerdery betrokke geraak nadat hy die graad BComHons in logistiek aan die Universiteit Stellen- bosch verwerf het. Die Van Zyls boer met brame op die plaas Kliprivier van 20 ha groot naby Swellendam. Hulle lewer jaarliks sowat 150 ton brame aan die Rhodes-groep.

Sakkie se plan om oesdienste aan boere te lewer het rigting gekry nadat hy in 1994 en 1995 ’n tekort aan arbeid gehad het om brame te oes op die plaas wat hy destyds bestuur het. Van 100 tot 150 seisoenswerkers is nodig om sowat 20 ha brame te oes. “Ek weet hoe dit voel as jy baie ure, dae en maande ingesit het vir ’n goeie oes, en dan begin daai oes agteruitgaan omdat jy nie genoeg hande het nie.”

Van Zyl het toe drie oesmasjiene gehuur om brame te oes. Hoewel die masjiene nie die bessies so suksesvol kon oes soos hande-arbeid nie, het Sakkie wel daarna ’n geleentheid op die mark gesien. “Alles gebeur met ’n doel. Daar is baie kleiner boere wat ’n kontrakteur kon benut om hul druiwe te help oes omdat hulle nie hul eie oesmasjiene kan bekostig nie.”

In daardie tyd het Sakkie ook die sprong gewaag om sy eie plaas te koop. Hy het sy eerste oesmasjien tweedehands gekoop en oesdienste tydens die druiwe-oestyd begin aanbied. Dit het baie ure se harde werk en uithouvermoë geverg om albei ondernemings te laat slaag, maar Sakkie sê as jy lief is vir wat jy doen, dan laat werk jy dit. Louhan vertel met ’n groot glimlag van sy studentedae. “Bedags het ek klas gedraf en saans of vroegoggend was ek in die oesmasjiene om te help oes.”

links: Mnr. Sakkie van Zyl en sy seun en regterhand, Louhan. Foto: Verskaf
Mnr. Louhan van Zyl hou ’n wakende oog oor al die aspekte van die oes-en-parsproses, en maak seker dat die oes so gou moontlik by die kelder aankom. Foto: Alani Janeke

Verskillende inkomstestrome

Die oestyd vir brame en druiwe oorvleuel nie – brame word van Augustus tot Desember geoes en druiwe van Januarie tot middel April. Hulle benut hul tyd en oesmasjiene dus nou uiters doeltreffend. In die stil maande – Mei tot Julie – doen die Van Zyls veral onderhoudswerk.

Hulle gebruik oesmasjienoperateurs wat goed opgelei is om dié masjiene te bestuur en te onderhou. “Al ons bestuurders is kontrakteurs wat ook in ander dele van die wêreld oesmasjiene en stropers bestuur, onder meer in Amerika. Dis belangrik om die regte bestuurders te kry, want dis duur tegnologie waarmee reg gewerk moet word,” sê Louhan.

Die sukses van oesmasjiene wat bessies oes, hang af van die spoed waarteen jy werk, asook die kultivar. Europese bessiekultivars is meer geskik vir meganiese oes, terwyl Suid-Afrikaanse kultivars die beste deur hande-arbeid geoes word. Gevolglik gebruik die Van Zyls net hul oesmasjiene vir bessies as hulle nie genoeg werkers beskikbaar het nie.

As hulle nie self agter die stuur is nie, beweeg hulle tussen die onderskeie groepe om toe te sien dat die oesproses glad verloop. Louhan sê die opvangbakkies in die masjiene moet die meeste vervang word. Daarom bestel hy heelwat van dié bakkies voor oestyd en word dit onmiddellik vervang sonder dat oestyd verlore gaan.

Albei Van Zyls is meganies aangelê en kan self die onderhoudswerk doen. Heelwat onderdele word by die vervaardiger self bestel, wat verder help om koste te bespaar. Dit stel hulle in staat om hul dienste teen ’n billike prys per uur te bied. Sakkie het ook vier van sy plaaswerkers opgelei om onderhoudswerk te kan doen.

Mnr. Louhan van Zyl bestuur al van sy hoërskooljare af oesmasjiene, en as student het hy bedags klasgedraf en tydens oestyd saam met sy pa in wingerde help oes. Foto: Alani Janeke

28 000 ton GEOes

Die Van Zyls oes vanjaar druiwe vir meer as tien produsente in die Wes-Kaap, onder meer Van Loveren en Distell. In die Noord-Kaap oes hulle die afgelope twee jaar vir sowat 27 boere wat aan die Oranjerivier-wynkelder verbonde is. Hulle oes sowat 28 000 ton druiwe in ’n produksiejaar – sowat 9 500 ton in die Noord-Kaap, sowat 16 000 ton by Robert- son en sowat 2 500 ton by die Paarl en Stellenbosch.

Die weer speel ’n groot rol, maar die oestyd breek gewoonlik eerste in die Wes-Kaap aan. Dit verg fyn beplanning om wyndruiwe oor drie maande in ál drie omgewings te oes. Louhan sê hoewel die pad tot hier nie aldag maklik was nie, het hy al baie lewenslesse by sy pa geleer.

Ysere deursettingsvermoë het veral goed te pas gekom terwyl hy gestu- deer het. Sy pa het hom ook geleer om elke dag te prioritiseer en die take stelselmatig aan te pak. “Die lewe is altyd op ’n manier in balans. As dit aan die een kant sleg gaan, is daar altyd iewers ’n plan wat jy aan die ander kant kan maak.”

Oestyd hou vir albei ’n besonderse bekoring in. “Die beste tye, hetsy op ons plaas of in die besigheid, bly maar oestyd. Dis ’n tyd van verwagting,” sê Louhan.

Sakkie sê dit verskaf hom baie plesier om van soveel boere se vreugde deel te kan wees. “Oestyd se gewerskaf gaan altyd met ’n warboel take en emosies saam, en dit hou ons op ons tone. Jy leer om van oomblik tot oomblik te leef.”

Met Louhan se studies afgehandel, is hulle gereed om “so groot as moontlik” uit te brei. “Solank daar ’n behoefte is, sal ons uitbrei. Die dag as daar ’n masjien stilstaan as daar nie genoeg werk is, sal ek weet dat ons genoeg gegroei en uitgebrei het,” sê Sakkie.

Die opvangbakkies vang die druiwe op nadat dit deur die oesmasjiene afgesny is. Die bakkies breek ge- woonlik weens die drade en pale van die prieelstelsel. Foto: Alani Janeke

Vyf sakelesse

Wat is die vyf belangrikste lesse wat Sakkie tot dusver geleer het? “Jy moet eerstens baie geduld hê – nie net om die werk te kan verrig nie, maar ook om ’n onderneming oor die jare heen op te bou. Tweedens moet jy aan jou kliënt se vereistes voldoen. Die rywydtes van die Wes-Kaapse en Noord-Kaapse wingerde verskil byvoorbeeld, terwyl dit natuurlik ook van plaas tot plaas verskil.

"In sekere wingerde gebruik jy die oesmasjien se geut en kan jy aftap terwyl jy in die middel van die wingerd is omdat die trekker tussen die rye kan inry, terwyl jy in ander wingerde na die kant toe ry om af te tap omdat die rye nouer is.

“Elke boer het sy eie strategie en boerderymetode en jy moet daarby aanpas. Baie boere vra raad omdat ons dié werk gereeld doen en al verskillende maniere van doen gesien het. Jy kan jou raad aanbied, maar jy moet altyd die boer se manier van doen respekteer en daarvolgens oes.”

Die derde les is dat jy die nuutste tegnologie beskikbaar moet hê. As jy dit nie plaaslik kan vind nie, moet jy dit gaan soek. Die Van Zyls hou internasionale pryse dop en maak seker dat hulle in groot maat onderdele invoer sodat hulle koste kan bespaar en hul masjiene met die beste tegnologie kan toerus. “Ek voel baie sterk daaroor om kleiner boere die geleentheid te kan gun om met die nuutste tegnologie te kan werk.”

Volgens die Van Zyls se berekeninge is dit eers vir ’n boer betalend om sy eie oesmasjien aan te koop as hy 150-200 ha wyndruiwe oes. Talle van hul kliënte het slegs sowat 30 ha. Vierdens, jy moet altyd die beste diens moontlik lewer met dit wat tot jou beskikking is. “In ’n stadium was dit moeilik om goed opgeleide bestuurders te kry wat net ’n paar maande per jaar kan oes, maar personeeldienste het ’n oplossing gebied.”

Die laaste les, en een van die belangrikstes, volgens Sakkie, is dat jy moet lief wees vir dit wat jy doen. “As jy nie aangelê is om iets te doen nie en nie ’n voorliefde daarvoor het nie, sal jy dit nie voluit kan doen en uithou en aanhou nie.”

Navrae: Mnr. Sakkie van Zyl, e-pos: Sakkie@swpack.co.za, 082 770 2767; mnr. Louhan van Zyl, e-pos: Louhan@swpack.co.za, 079 366 8002.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.71
-0.2%
Rand - Pond
24.35
-0.2%
Rand - Euro
21.10
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.84
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
1,027.84
-0.2%
Palladium
1,434.19
+0.3%
Goud
1,938.25
-0.3%
Silwer
23.04
-0.5%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,444
0.0%
Alle aandele
76,613
0.0%
Hulpbronne 10
67,920
0.0%
Industriële 25
106,261
0.0%
Finansiële 15
14,582
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot