’n Boer van Rouxville het vir homself ’n elektroniese sakboekie gebou sodat hy sy boerdery-inligting vinnig en maklik op sy sel kan bêre of opsoek. Dit is nou as toepassing (app) vir ander boere beskikbaar.
Nadat hy besef het hoe baie inligting op plase verlore raak, het mnr. Pietman Heyns besluit daar moet ’n beter manier gevind word om dit behoue te laat bly.
“Ouer boere, soos my pa, het álles wat op hul plase gebeur het, onthou. Maar ek weet nie, ek kan nie só goed onthou nie en die sakboekies waarin baie inligting opgeskryf word, raak ook weg. “Óf dit is ’n gesukkel om dit wat jy nóú soek, vinnig te kry,” sê Heyns.