Bultfontein se patentkoning, mnr. Michris Janse van Rensburg van die plaas Mooiuitsig, boer buiten met mielies met ’n oneindige stroom planne. Hy skaaf gedurig aan sy ontwerpe, en sy jongste draadspanner werk aansienlik beter as die vorige een.
“Voorheen het dit die gebruiker nie genoeg ruimte gegee om die draad te knoop nie omdat sy ketting in die pad was.” Nog ’n krapplek was dat dit nie ’n fyn verstelling toegelaat het nie, veral as ’n mens met ouer draad werk.
Wanneer die draad met die volgende hakies van die toestel stywer getrek is, het dit dikwels gebreek. Die nuwe ontwerp werk met ’n ratelsleutel wat fyn verstellings aan die spanning moontlik maak. Deur ’n ratelsleutel te gebruik, geskied die opwenproses van die heiningdraad vinnig.