Dit was ’n ontploffing in vrugtevlieggetalle in Desember 2007 wat die Hoedspruitse insektekundige mnr. Tom van der Meulen laat besluit het om sy girokopter vir die lugbespuiting van lokaas aan te pas om dié vernietigende plaag hok te slaan.
“Vlieggetalle het vroeg in Desember begin toeneem en teen die einde van die maand het ons by Bavaria, een van my groot kliënte, meer as 1 000 vlieë gevang in die lokvalle wat in die vrugteboorde van 400 ha vrugteboorde geplaas was.
“Ek het vir mnr. Johan du Preez, wat toe die bestuurder van die landgoed was, gevra om my ’n kans te gee om die vlieë uit die lug uit te takel.”