Draadspan kan soms ’n moeilike en geniepsige proses wees, veral wanneer met hakiesdraad gewerk word. Snye en krappe aan die draadspanners se hande en arms is nie ongewoon nie.
Op ’n dag het mnr. Aubrey Plaatjies, wat vir mnr. Gert Aggenbach en sy pa, Henk, van die Rondekop-trust naby Arniston boer, genoeg daarvan gehad. Hy het mnr. Isak McGrege, ’n medewerker op die plaas wat behendig is met ysterwerk en sweis, nader geroep.
Hy het hom presies vertel wat hy in gedagte het om die span van doringdraad makliker te maak, en nadat hulle koppe bymekaar gesit het, het McGrebe aan die werk gespring.