AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9994,8
-121,20
CORN
20 Mrt
-
4487
-14,00
SOYA
20 Mrt
-
8529
-79,00
SUNS
20 Mrt
-
9800
-240,00
WEAT
20 Mrt
-
6607
-32,00
WMAZ
20 Mrt
-
3969,6
-18,40
YMAZ
20 Mrt
-
4165
-18,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

’n Boer maak ’n plan: Skryf joune in!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Nampo-oesdag vind ná die onderbreking as gevolg van covid-19 uiteindelik weer plaas en dit beteken jy kan weer jou boereplan inskryf!

Die gewilde Boerepatent-kompetisie op die Nampo-oesdag het jare lank uitstekende voorbeelde van boere se vindingrykheid opgelewer en vergestalt die gesegde van ’n boer maak ’n plan.

Landbouweekblad het in 2018 kragte saamgesnoer met Omnia en Graan SA om die kompetisie aan te bied, wat nou Landbouweekblad Boereplanne heet.

Lesers kan ook deur die jaar in Landbouweekblad oor die nuutste boereplanne lees, waarvan baie op die Nampo-oesdag te sien sal wees.

Lees ook dié boereplanne hier op Landbou.com. Groot prysgeld is op die spel in vanjaar se kompetisie en met die Nampo-oesdag om die draai is dit tyd om jou planne agtermekaar te kry.

Die afdelings waarin jy jou boereplan kan inskryf, is:

Nuut: Masjinerie, implemente en landboutoerusting (rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie ingesluit)

Gemodifiseerd: Masjinerie, implemente en landboutoerusting (rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie ingesluit)

Gereedskap: Alle gereedskap, elektries sowel as nie-elektries.

Huis en tuin: Planne wat in en om die huis gebruik kan word, ook in die kombuis.

Ope-afdeling: Enige item wat nie hier bo genoem word nie met ’n vervaardigingskoste van minder as R5 000.

Inskrywings kan aan mnr. Wim Venter by wim@grainsa.co.za of Graan SA, Posbus 88, Bothaville, 9660, gerig word. Klik hier vir die inskryfvorm.

Reëls

1. Ingeskrewe artikels moet by Graan SA NAMPO Oesdag uitgestal word.

2. Inskrywings sal slegs op die amptelike inskrywingsvorm aanvaar word.

3. Alle deelnemers sal na afloop van die NAMPO Oesdag deur Landbouweekblad gekontak word vir moontlike publikasie van die betrokke inskrywing in Landbouweekblad of op Landbou.com.

4. Die deelnemer is verantwoordelik vir die vervoer van sy plan voor en n die kompetisie, tensy anders met Omnia Nutrilogie ooreengekom.

5. Graan SA, Omnia Nutrilogie en Landbouweekblad aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verliese tydens deelname aan die kompetisie nie.

6. Wenners moet tydens die prysuitdeling op Donderdag 19 Mei 2022 teenwoordig wees. Afwesigheid van hierdie geleentheid sal tot gevolg h dat prysgeld verbeur word.

7. Geen items wat kommersieel bemark word of in die proses van registrasie is, mag ingeskryf word nie.

8. Die inskrywings van gepatenteerde items wat in ’n nuwe inskrywing omskep word, sal slegs toegelaat word as dit nie kommersieel beskikbaar is nie.

9. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen mondelinge of skriftelike kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

10. Die beoordelaars sal pryse na hul diskresie toeken en inskrywings diskwalifiseer sou dit nie gepas wees na hulle oordeel nie.

11. Deelnemers kan meeding in die afdelings soos hierbo uiteengesit.

12. Inskrywings moet Graan SA voor of op Maandag 9 Mei 2022 bereik.

13. Inskrywings moet op die terrein wees om 14:00 op Vrydag 13 Mei 2022. ’n Afskrif van die inskrywingsvorm moet saam met die plan by die ingangshek getoon word om toegang te verkry. Geen inskrywings sal sonder hierdie bewys op die terrein toegelaat word nie.

14. Geen inskrywings mag voor Saterdag 21 Mei 2022 van die terrein verwyder word nie.

15. Alle inskrywings word vir die duur van die NAMPO Oesdag as permanente uitstallings beskou. As ’n bakkie bv. gebruik word om te demonstreer hoe ’n plan werk, mag die bakkie nie van die terrein verwyder word nie.

16. Die Boerepatente-kompetisie is onderhewig aan heersende COVID-19 regulasies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.7%
Rand - Pond
22.61
-1.1%
Rand - Euro
19.77
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-1.8%
Platinum
971.35
+0.3%
Palladium
1,409.26
-0.2%
Goud
1,991.67
+0.1%
Silwer
22.63
+0.2%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,687
+1.0%
Alle aandele
73,145
+0.9%
Hulpbronne 10
64,796
+3.0%
Industriële 25
98,127
+1.1%
Finansiële 15
14,826
-1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot